Discussion about this post

User's avatar
Pieter's avatar

Die volgende aanhaling is na my mening waarom die media sukkel. Juis oor narratief en ideologiese keuses.

Ek vir een wil self besluit. Die aanhaling is wat fout is met die media. Die veelgeroemde opinie of meningstuk. In kort- vertroue of 'n gebrek daaraan.

"Advocacy journalism actively erodes the foundational principles of objective reporting, public trust, and media neutrality. Critics argue that when journalists prioritize ideological causes or social activism over impartial storytelling, they risk becoming partisan actors, transforming objective news into subjective narratives"

Dwight (Ike) Boss's avatar

Ek slurp alles op wat Johan Fourie skryf. (Sampie Terreblanche was járe lank 'n gunsteling ekonoom; my laaste besoek aan hom was 'n paar weke voor sy afsterwe, en JF is 'n waardige nuwe titelhouer — "Ekonoom van Stellenbosch".)

My iesjoe met die nuwe media-bedeling hou verband met my gemoedsbekakkende irritasie met reklame. Uiters kortliks:

1. Kry meer lesers.

2. Kry meer lesers.

3. Kry meer lesers.

4. Abandon subscriptions!!

5. Maak geld uit advertensies. Tegnologie maak dit moontlik om 'n hoë premie te stel en verbruikers nie te irriteer nie — geteikende reklame is moontlik. Skep eerder 'n groter teikenmark!

Advertensies moet bepaalde verbruikers teiken. Die haelgeweer is lankal onnodig; die skerpskutters rule! Teg maak dit moontlik, en maklik, om te sorg dat ek, byvoorbeeld, nóóit óóit weer 'n OutSurance advertensie sien nie, want ek maak 'n blad summier toe wat my só irriteer.

Ek meen "koerante" is dom en adverteerders is lui. Toegang tot verklaarde belangstelling sal profyt vir publikasies én adverteerders érg verhoog.

Sal lesers nie na blaaie toe stroom met maklike, gratis toegang tot uitdagende menings, en voordelige blootstelling aan produkte en dienste waarin hulle belangstel nie?

No posts

Ready for more?