Kan die Sekulêre Weste Afrika insluk?
Met massa-immigrasie wat Westerse politiek omkeer, is die olifant in die kamer 'n Afrikaanse een.
In 'n onlangse Triggernometry-podsending (Islam, Christianity & the West) sê die historikus Tom Holland:
“I think Islam is uniquely indigestible for a secular mindset. People don't want to admit that because there's a default assumption that secular civilization can swallow anything up. There's a kind of arrogance that secular civilization of the West is such a broad tent that everyone can be brought into it. But Islam is at least as sophisticated a civilization as the civilization of the Christian West and a very ancient one and for most of its existence has been much, much more powerful than the Christian world.”
Volgens Holland is “godsdiens” 'n Christelike konsep. Dit is 'n kategorie wat vir baie Moslems min geloofwaardigheid het. In Antieke Rome was religiones feeste ter ere van die gode, gehou om te keer dat die stad vervloek word. Dit was nie “vat-of-los” partytjies nie maar eerder noodsaaklike burgerlikepligte, net so verpligtend soos die… um… Covid-entstof. Klaarblyklik was dit net 'n “mal” Christelike idee wat die wêreld in godsdiens en sekulêr, heilig en onheilig verdeel het. Vir die antieke Grieke en Romeine, en vir baie hedendaagse Moslems, is hierdie verdeling onsinnig. Godsdiens kan nie van die samelewing geskei word nie, so min as wat 'n Romein van sy Romeinsheid geskei kon word, of 'n Jood van sy Joodsheid, of die brandewyn uit ‘n brandewyn en Coke. Om godsdiens van nasionale identiteit en grondfeite te skei, het wel 'n positiewe kant gehad: dit het gelei tot die opkoms van wetenskap en rede. Terwyl Aristoteles formele logika en wetenskaplike redenasie gevestig het, het die Christendom, vernaam Protestante denke, hierop gebou deur die individu vry te maak om wetenskaplike en morele waarhede te volg wat gesag kon weerspreek.
Vandag voer ons Westerse sekulêre beskawing nie net 'n stryd teen Islamisme nie, maar ook 'n interne Nietzscheaanse stryd oor hoe om betekenis te vind in 'n post-Christelike era. Soos Holland dit stel leef ons deur 'n groot verstoppingspunt van Westerse beskawing.” Baie glo dat die Christendom, soos Aristoteliese logika, net vet op die vuur was wat ons beskawing gehelp het om deur die atmosfeer van stamgees en bygelowe te breek en die mensdom in 'n wentelbaan van vooruitgang te plaas. Niemand voer hierdie standpunt meer oortuigend as Steven Pinker in Enlightenment Now (2018) aan nie, waar hy verklaar dat daar kan geen twyfel kan wees oor watter era die grootste vir kultuur was nie, naamlik dat vandag die belangrikste tyd is totdat môre kom nie.
Die boek lees soos 'n pleidooi om kalm te bly oor die ineenstorting van beskawing en eenvoudig aan te hou om jou antidepressante te gebruik. Pinker kan soos 'n selftevrede modernis klink wanneer hy The Case for Reason, Science, Humanism, and Progress (die subtitel van sy boek) verdedig. Tog het hy 'n belangrike voorbehoud oor die gevare van vooruitgang.
“As we care about more of humanity, we’re apt to mistake the harms around us for signs of how low the world has sunk rather than how high our standards have risen.”
Het hulle nie net met beweerde USAID befonsing vir geslagsveranderingsjirurgie vir Guatemalane en dragvertonings vir Ekwadoriërs hierdie morele sake onder ander verhewe nie?
Holland en Pinker sou beslis saamstem dat Islamisering ('n geloof wat volgens my onverteerbaar vir die waardes van die Verligting is) 'n werklike bedreiging vir sekulêre Westerse beskawing bly. As jy op dieselfde YouTube-algoritme as ek is, “weet” jy dat hierdie verskriklike moontlikheid amper 'n gegewe vir Westerse beskawing is, en slegs die dapper Tommy Robinson, ondersteun deur Elon Musk en Donald Trump, is daar om dit teë te staan. In een van die geskiedenis se meer verrassende opvolgtonele, keer Islam versus Christian Civilization terug na 'n teater naby jou. Kan die Christelike beskawing sy wenrekord behou?
Ons Christelike wortels, veral die Protestantse soort, is baie aanloklik as 'n reaksie op hierdie bedreiging. Individuele gewete bemagtig deur 'n liberale, wetenskaplike opvoeding en die oorvloedige geleenthede van 'n vryemark-ekonomie binne 'n regsgebaseerde samelewing. Die Weste bly strewend en “cool”. Kreatiewe, innoverende slim mense uit die Islamitiese wêreld of uit China is aangetrokke tot die Weste se bekoring, soos die vloed van immigrante na die Weste bewys.
Miskien is 'n meer ontstellende bedreiging vir Europa immigrasie vanaf Afrika. In 2000 het Europa (sonder die lande van die ou Sowjetunie) 'n soortgelyke bevolkingsgrote as Sub-Sahara-Afrika gehad. Vandag is Sub-Sahara-Afrika se bevolking dubbel die van Europa. Voorspellings wys dat daar teen 2100 sewe Sub-Sahara-Afrikane vir elke Europeër sal wees. (Beskou Steven Pinker dit as vooruitgang dat ons nou 'n onstuitbare vloei van immigrante uit Afrikan het vanaf gebroke lande na werkende lande?)
Die groot ontnugtering vir Suid-Afrikaanse liberale in die post-apartheid-era is die verskriklike ontdekking dat die Afrika manier van doen dalk net onverteerbaar vir sekulêre Westerse beskawing is. Suid-Afrikaners het eerste die memo gekry en hanteer dit nou op verskillende maniere: emigreer, semigreer, ontken, vorm enklaves, maak jouself staatsbestand, trek Orania toe, neem skietlesse, word bitter rassisties, word belaglik “woke”… ensovoorts. Sommige idiote, soos ek, droom selfs dat Helen Zille op haar ouderdom, ras en geskiedenis kan trotseer om in 2029 as president verkies te word om Suid-Afrika van postkoloniale ineenstorting te red.
Maar ten minste kan Suid-Afrikaners vir die lang spel van agteruitgang en institusionele verval voorberei en dankbaar wees dat daar geen kernmissiele op die land gerig is nie… of so hoop ons. Maar in Europa, oorweldig deur Amerika en China en bestook deur Rusland en radikale Moslems, oorstroom deur immigrante, moet ons waarskuwing ter harte neem. Hulle is nie in staat om die res van die wêreld te red met hul “breë tent” van universele sekulêre waardes nie. Soos ons in Suid-Afrika ontdek het, kan Europese beskawing nie maklik sonder Europeërs nageboots word nie.
Hierdie artikel is met vergunning van Angus Douglas vertaal en aangepas. Besoek sy Substack Saving South Africa hier.
Nog artikels op OntLaer:
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
INTEKEN OPSIES:
Wil jy stukke soos die direk in jou inboks ontvang – weekliks of daagliks – en terselfdertyd ons werk ondersteun? Kies hieronder jou voorkeur.