Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Eugene, dis goeie insigte. Seer sekerlik verstaan 'n baie groot deel van ons bevolking nie werklik wat meer outokrasie bedelings se erge gevolge kan wees nie - tewens, wat die gevolge daarvan altyd is nie. Dis eintlik vreemd, want wat anders as 'n outokrasie was die pre-1994 regering nie, as die land se totale bevolking in ag geneem word. En daardie gevolge was uiters onsmaaklik vir die meerderheid.

Dalk is dit die vals persepsie dat 'n outokrasie deur 'n meerderheid, vir 'n meerderheid, beter sal wees as 'n outokrasie deur 'n minderheid, vir 'n meerderheid? Of mens kan dieselfde hipotetiese stelling in rasseterme uitdruk. Ek dink egter nie dat die ervarings in sommige ander lande in Afrika juis daarop dui dat dit 'n geldige hipotese is nie. Maar tog blyk dit dat iets soortgelyk, nl. wit op swart geweld, baie erger gesien word as swart op swart geweld; en mens kry die idee dat swart op wit geweld selfs gekondoneer word deur die "Kill The Boer"-brigade.

Ons beweer graag dat ons 'n "jong en onvolwasse demokrasie" in Suid-Afrika belewe. Dis seker waar, maar dink aan al die gemengde boodskappe wat die ANC vir lank d.m.v. hul ideologiese propagande verkondig het. Hul Nasionale Demokratiese Revolusie-"gids", streef sonder twyfel na totale mag oor alles en almal. Ons het dan ook gesien dat veral Zuma se vergrype, ten spyte van die gees van ons demokratiese grondwet, baie landsburgers beïndruk het. Soveel so dat dit hy as outokratiese kultusfiguur een van die groot redes is vir die MKP se verbasende getal ondersteuners.

Ek dink ook dis baie elemente van ondemokratiese optrede wat tot gevolg gehad het - en steeds tot gevolg het - dat ons ekonomie so pateties is. Werklike demokrate aan bevind sou tog meer geneë gewees het om uitgediende en mislukte ideologie wat die ekonomie laat stagneer het, by die venster uit gooi.

Ek dink dus dat ons mense 'n verskriklik verwarrende persepsie van ware demokrasie ontwikkel het. En ook van die soort vryemark-ekonomie wat wel groot welfaart sou kon skep soos elders in die wêreld, maar wat nie gebeur het nie omrede die dominerende ANC nie demokrate is nie...

No posts

Ready for more?