Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Ja, Paul, as mense tog maar net uit die geskiedenis wou leer. Dis moeilik om te sien hoe Suid-Afrika nie ook (weer!) 'n "revolusionêre" oomblik gaan beleef soos met die val van apartheid nie. Ons het eufimisties daarna verwys as 'n "vreedsame oorgang na demokrasie", maar dit was inderdaad ook maar net 'n (meestal) vreedsame revolusie. Die "val-van-die-ryk-van-die-ANC" is in proses en is besig om te versnel. Gegewe die omvang van die massiewe val, vanaf meer as twee derdes van kiesers wat die ANC gesteun het na die val van apartheid tot by die huidige meningspeilings wat daarop dui dat steun vir die ANC ernstig aan die tuimel is, dui daarop dat ons weer 'n revolusionêre oomblik nader. Weer eens word eufisties daarna verwys as 'n grondverskuiwing of waterskeiding wat aan die gebeur is, maar die konsekwensies in terme van ekonomiese bevryding, wat reeds merkbaar is, is in baie opsigte niks anders as revolusionêr nie. Om byvoorbeeld te hoor vanuit die hoogste ANC finansiële kringe dat privatisering nie meer 'n vloekwoord is nie; en die feit dat baie groter privaatsektor-ontwikkelingsbetrokkenheid nou as 'n gegewe vanuit regeringskringe beskou word, kan vir alle praktiese doeleindes as revolusionêr gesien word...

No posts

Ready for more?