Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Paul, alhoewel jy dit nie sê nie, kan ek ook in hierdie skrywe van jou en in die Romeinse ervaring dinge lees wat in Suid-Afrika aangaan. Jy impliseer dit dalk sonder om dit te sê, maar ek dink die oorspronklike ANC-gemeenskapsgesindheid is ook mettertyd deur ambisies vernietig. Sodanige ambisies van die slegte soort (want ambisie het mos ook ‘n helse goeie kant), het myns insiens ontstaan toe ANC-kaders in leierskapsposisies begin besef het dat méér absolute mag hul werllike ambisie sou kon laat realiseer, nl. om persoonlike rykdom na te bekom. Dit was die sogenaamde “dis nou ons tyd om te eet”-sindroom wat na vore getree het in veral die post-Madiba era. Dt was natuurlik altyd daar, sluimerend, maar die Madiba-etos het dit onderdruk.

Ná Madiba was dit carte blanche vir die kaders. Die gevolge ken ons goed, nl. korrupsie en die diefstal van belastingbetalersgeld op massiewe skaal. Ons het naïewelik gedink die hoogtepunt daarvan was tydens staatskaping, maar nou weet ons mos dit het vrolik voortgegan en is vandag nog steeds endemies. Geen einde is in sig nie.

Die tweede oorsaak van uiteindelike verval waarna jy verwys het, nl. “over-reach", soos ek dit vir myself beskryf in besigheidsterme, is natuurlik ook duidelik in Suid-Afrika te siene. Die uitdaging wat gepaard sou gaan met die ANC-ambisie om alle mag te wou (en steeds te wil) sentraliseer, is heeltemal onderskat. Duidelik vind die sentrale regering, provinsiale regerings, en staatsentiteite dit onmoontlik om by alle dienspunte uit te kom, want dis bloot té oorweldigend. Die vryemarkstelsel het mos juis al oor en oor bewys dat die miljoene besluitnemers in ‘n vryemarkstelsel, wat hul eie belange nastreef, tot ongelooflike resultate aanleiding gee. Aan die ander kant is burokrasië, veral staatsburokrasië en monopolië, al keer op keer as oneffektief en veral koste-oneffektief bewys om grootskaalse uitdagings suksesvol en volhoubaar aan te spreek. Voeg dan nog ‘n uiters heterogene bevolkingsamestellimg by en jy sal maklik Suid-Afrika se regeringsuitdagings as ‘n mikro-kosmos van die Romeinse Ryk in sy vervaldae kan sien.

Moontlike oplossings is veelvuldig: vanaf die soeke na ‘n meer federale bestel, of vorme daarvan, soos Lex Libertas hard en baie profesioneel poog om te doen; tot die burgerlike organisasie-inisiatiewe soos wat die Solidariteit Beweging/Afriforum baie suksesvol nastreef en prakties uitrol; tot by die Orania-bewegings wat ten spyte van skeptisme ook op moontlike praktiese oplossings wys wat navolgbaar is.

No posts

Ready for more?