Discussion about this post

User's avatar
Pieter's avatar

Ek haal aan: "Nature conservation is highly rational. From a purely economic and practical standpoint, it safeguards "natural capital" the ecosystems that provide essential goods like clean water, breathable air, fertile soil, and pollination for food. Failing to conserve nature means destroying the foundational resources our survival and economies depend on"

Dus stem ek nie saam dat dit nie rasioneel is nie. Wat "diensplig" in nasionale parke betref is ek skepties. Bewaring geld nie net in parke nie. Suid Afrika is inherent korrup. Selfs ons Justisiestelsel (Madlanga) is skokkend korrup. Hoe en wie gaan so 'n dienspligstelsel bestuur en dissipline handhaaf as feitlik elke Staatsbestuurde instansie korrup is en faal. Gaan ons die volgende generasie renoster en ivoorstropers bemagtig of hoe? Eerder 'n fokus op besoedeling in en rondom ons stede, infrastruktuur soos slaggate herstel met 'n diensplig konsep, as Nasionale Parke.

PIET DU PLESSIS's avatar

Frederik, dis puik praktiese voorstelle oor maniere om ons skat van groot waarde vir ons en ons nageslagte behoue te laat bly. Jou artikel sluit mooi aan by Johan Fourie se artikel, waarnatoe jy 'n skakel verskaf het, en neem die makro-ekonomiese voorwaarde wat hy gestel het vir die wildtuin se volhoubare voortbestaan, 'n hele paar stappies verder. Ek herhaal hieronder, vir wat dit werd is, my kommentaar op Johan se artikel, want dit vul hopelik ook ons versameling van strategieë aan wat oorweg moet word om ons uitsonderlik waardevolle nasionale en internasionale bate vir ons en ons nageslagte behoue te laat bly - en vir die internasionale gemeenskap:

"Ons sal inderdaad net daardie ongelooflike nasionale en internasionale natuurbate volhoubaar kan bewaar en bedryf as dit ekonomies volhoubaar is in terme van die groter ekonomie van die land. Van my projekte wat ek in die wildtuin bestuur het as projekbestuurder, het miljoene der miljoene se kapitaalbesteding behels, met die sentrale regering se fondse. Buitefinansiering - eintlik maar net eenvoudig kruis-subsidiëring - sal altyd nodig wees as die kostes om die park te besoek bekostigbaar gehou wil word vir meer as net die meer gegoedes.

Gegewe die Krugerwildtuin se internasionale status en bekendheid, sal dit relatief maklik wees om dit op volgehoue hoë standaard te bedryf. Dit sal dan daardie gebreke waarna jy verwys het, maklik kan aanspreek. Maar ten einde daardie soort toeriste-attraksie op hoë standaard volhoubaar te maak, moet ongeveer twee-derdes van alle inkomste uit toeriste gebruik word vir instanhouding, op standaard. Waarna jy verwys het as fasiliteite wat beter dae geken het, is grootliks omdat historiese kapitaalbesteding bloot deel van die lopende kostes van die bedryf geword het. Kapitaal word dan vir alle praktiese doeleindes konsumpsie, wat stukkie vir stukkie opgebruik word en nie vervang kan word nie.

Dis ongelukkig deel van die wildtuin se verhaal, want die sentrale regering se eksterne hulp het minder en minder geword in reële terme oor tyd, weens die land se swak ekonomiese groei. Massiewe agterstande het dus oor tyd opgebou.

Jou argument is dus honderd persent korrek, dat so 'n bate net volhoubaar onderhou en bedryf kan word as die groter ekonomie genoeg inkomste genereer wat in die wildtuin aangewend kan word.

Die alternatief is natuurlik die Botswana-model. Privatiseer en verseker daardeur dat inkomstes uitgawes gaan oorskry en aldus genoeg gaan genereer vir onderhoud en vervanging op die standaard wat gegoede toeriste kan bekostig en op aandring.

Ek het persoonlik die gevoel dat 'n hibriede-oplossing die beste is, wat reeds tot 'n groot mate op natuurlike wyse onstaan het weens ekonomiese kragte. Sabie-Sabie en Sabie-Sand, om maar slegs twee privaatwildtuine binne-in die Krugerwildtuin te noem, is voorbeelde. Daar is ook 'n hele klomp konsessies- en grondrestitusie-voorbeelde waar die stamme wat suksesvolle grondeise ingestel het, geprivatiseerde toeristekampe bedryf op hoë standaard, maar met gepaadgaande hoë kostes vir die toeriste wat dit kan bekostig.

Die res van die Krugerwildtuin sal dan hopelik met kruissubsidies vanuit 'n groeiende staatskas befonds bly, om dit vir gewone landsburgers ook relatief bekostigbaar te hou. Maar dan moet die ekonomie groei..."

No posts

Ready for more?