Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Ja, Eugene, jou analise is goed gefundeerd. En nou het Adriaan Basson van News24 ook nie juis die DA gehelp deur sarkastiese opmekings te maak oor die Amerikaanse Ambassadeur in Suid-Afrika se vergadering met leiers van Afrikaner-instellings nie. (Dit was met sy kamtige terloopse opmerking dat meer Afrikansers vir die DA stem as vir die VF+ en dat die DA dus eerder by die veradering moes wees as die VF+.)

Steenhuisen het homself nou as 'n rot bewys en Basson en sy walglike anti-Afrikaner News24 weet ons mos lankal is rotte. Met Media24 se Afrikaanse dienste maak hulle asof hulle dink die son skyn uit Afrikaners se gate uit. En ongelukkg lees baie van daardie Afrikaanse lesers nie ook wat hulle op News24 oor die Afrikaners sê nie. En oom Koos Bekker lag lekker al die pad "tax havens" toe met sy Empire se biljoene wat hy op Afrkaners se rûe gemaak het toe hulle goed genoeg vir Naspers was om van die grond af te kom...

Pieter's avatar

Steenhuisen se Afrimaga term is vernederend en onsmaaklik. Dit dui op 'n gebrek aan integriteit en ontkenning van aanspreeklikheid. Hy blameer eerder as om enige skuld te aanvaar. Boere wat hof toe is om Steenhuisen se swak hantering van BKS te beveg, het dit beslis nie oor politiek gedoen nie. Wel om oorlewing van hulle boerderye te verseker. Deur hulle nou te beledig en hulle in 'n kampie te druk, is uiters swak smaak. Hy het by herhaling blatant gelieg, patologies so, het kundiges geïgnoreer, selfs afgedank en was obstruktief en kleinlik. Geen van hierdie aksies dui op goeie insig en leierskap nie. Dit grens eerder aan kwaadwillige- narsisme. Hy verdien nie eers sy adjunkministers posisie nie. Sy aanval op sy eie party, wanneer hy geen skuld wil aanvaar vir sy eie swak keuses en gedrag nie, dui op sy ongeskiktheid om in die parlement te dien.

1 more comment...

No posts

Ready for more?