Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Frederik, jy het natuurlik hoofsaaklik op die kleurkwessie gefokus, maar in films en TV-reekse oor die algemeen — en spesifiek die Britses, so wil dit voorkom — lyk dit of gender ’n nog groter debatspunt as kleur mag wees vir dié wat dalk ’n sensitiwiteit ten opsigte daarvan ervaar. Maar meer nog: kleur, gender en status (laasgenoemde gemeet aan sukses/intelligensie/posisie), wil lyk of dit dikwels op besluit word vir films en TV-reekse op grond van kwotas waarop die filmmakers ooreengekom het. Dit wil voorkom asof die belangrikste, mees senior, rykste, slimste en sterkste karakters dikwels opsetlik aan ’n bepaalde kwota-profielvereiste moet voldoen. Daar is dan blykbaar ook ’n vereiste dat die binêre gender-klassifikasie taboe is in baie films.

Soms is dit subtiele inkorporering van selfopgelegde kwotas volgens gemelde “maatstawwe”, maar dikwels word dit nogal met passie/onsensitiwiteit in kykers se gesigte gevryf. As sulke films egter loketsuksesverhale is, is dit seker irrelevant dat subtiele of minder subtiele kulturele “indoktrinasie” gepleeg word. Ander soort “indoktrinasies” kan mos ook in ’n vorige era se films raakgesien word...

No posts

Ready for more?