Die UJ-prys vir vertaling word toegeken aan Wium van Zyl vir sy vertaling van Die ongelukkige en treurige verhaal van die Gouden Buys 1693. Die teks van die eerste druk is vir hierdie uitgawe van Nederlands na Afrikaans vertaal.
Die teks handel oor Mei 1693 toe Lourens Thijszoon Vijselaar en Daniël Silleman in Nederland op die VOC-skip, Gouden Buys, klim. Nog voordat die kus van Suidelike Afrika op die horison verskyn, is byna al 190 bemaning op die skip oorlede aan skeurbuik en ander siektes. Vijselaar en Silleman het aan land gegaan om hulp te soek. Tot hul groot skok kom hulle uit by 'n paar oorspronklike bewoners van die Weskus. Hierdie Khoikhoi blyk egter nie “wilde mensvreters” te wees soos hulle gemeen het nie, maar hulle redders in nood. Juis danksy hul hulp slaag die twee jongmanne daarin om die Kaap de Goede Hoop te bereik. Slegs Daniël Silleman sou uiteindelik weer sy vaderland sien. Hy vertel dan sy “ongeluckig, of droevigh verhaal aan sy Enkhuizense uitgewer Van Straaten” wat dit in 1695 as boek publiseer.
Met eerste opslag kruip die wondering in oor hoekom ons terugkeer na die vadertaal van Afrikaans om 'n Nederlandse storie te vertel aan die Afrikaner van vandag. Doen die Afrikaner nie juis afstand van Europa om vol geklee te word in Afrika klere en kleure nie? Hierdie terugkeer is nie soseer gefokus op afstand nie, maar erkenning. Afrikaans het van meet af uit vertaling en meertaligheid ontstaan, en dit bly vandag nog die kanaal waardeur die taal homself verryk en relevant hou. Van Zyl se vertaling herinner ons daaraan dat Afrikaans nooit in isolasie floreer het nie, maar juis omdat dit gedurig met ander tale in gesprek getree het.
Tale skep verbintenis
Dié gedagte staan ook sentraal tot die UJ-pryse se eie visie op Afrikaans se toekoms: meertaligheid wat deur meertaligheid self gevoed word. Dit is die diepgaande krag van die woord, van sierlike skryfkuns, van tale wat mekaar aanvul eerder as uitsluit. Tale is nie mure wat skei nie, maar brûe wat bou. Verskillende stemme wat saam die kulturele landskap vorm.
Hierdie meertalige ingesteldheid vind konkrete gestalte in vanjaar se pryswenners, wat elk op hul eie manier bewys hoe verskillende tale en stemme mekaar kan verryk eerder as verdring.
Die 2026 debuutprys vir Afrikaans gaan aan Shane van der Hoven en die onafhanklike uitgewer Umhlanga Press vir Kruiper-Crawler. Shane verdiep homself in Afrikaanswees, sonder om sy eie-identiteit te verloor. So sement Shane hulself as die stem van die nuwe jong generasie digters in Afrikaans.
Shane se digbundel is die eerste van sy soort om op die kortlys en die toekenning vir enige UJ-prys te kom. Kruiper-Crawler is 'n translinguistiese/tweetalige digbundel, waarby die Afrikaanse gedigte in Engels vertaal word. Maar die vertaling vang nie die boodskap van die Afrikaanse gedigte vas nie, omdat die vertaling verskil van, inmeng met, of selfs die Afrikaanse gedig teenstaan met tye. Deurdrenk van ironie en literêre toespeling, lyk Kruiper-Crawler se buitenste skild taai en vol dorings. Maar breek deur tot by die sagte binnekant, en jy beland in ‘n wêreld van selftwyfel en linguistiese onsekerheid, 'n diep liefde vir die onbekende, en, op sy kern, 'n jong digter wat ontdek watter soort wese hulle eintlik is.
In totaal is die bundel 'n terugblik op die fases van die lewe. Die digter/spreker se onskuldige kindwees verlaat hulle, wat veroorsaak dat hulle tot 'n volwassenheid kom wat met onsekerhede gevul is. Uitdagings met en vrae oor tyd, seksualiteit, kuns, kultuur, liefde, en politiek binne-in die wêreld van die digter/spreker. In die bundel kom 'n selfbewustheid op by die digter/spreker, op 'n “tong in die kies” manier, wat meevoer vir die leser om hierdie selfbewustheid aan hulself te stel. Hierdie maak die bundel 'n hedendaagse zeitgeist vir Afrikaans as geheel.
Die titel word bevestig met die beskryf van onreine diere wat op die grond rondkruip. Die digter/spreker verwys na rotte, erdwurms, bosluise, wurms en miere met die gebruik van beeldspraak en woordspeling. In hierdie digbundel speel woorde, taal, en klank saam. Kaalvuis slaan Shane die figuurlike ekso-skelet van Afrikaanse poësie om dit te herrangskik tot 'n nuwe vorm.
Hoewel die bundel 'n absolute baanbrekerswerk vir Afrikaanse literatuur en kultuur is, is dit eerder Shane se toespraak wat die oomblik in tyd vir my vasvang. Shane se stem breek deur snikke wanneer hulle hulself voorstel as digter in die Afrikaanse ryk. Shane verduidelik hulle skryf proses as iets wat letterlik plaasvind: “Ek skryf met my lyf, met my vingers wat tik, ore woorde hoor, oë wat kyk, en woorde wat uit my mond kom”. Hierdie letterlike skryf proses is die moeisame omswaai van gevoel en denke in werklike fisiese bestaan in. Dit is wat Kruiper juis doen, dit verleen 'n stem aan sogenaamde kruipers wat dieselfde moeisaamheid van wees probeer ligter maak. Hier perspektief van Kruiper-Crawler kom na vore wanneer Shane oor hulle letterlike stem praat ook: “Hierdie stem gee my nog altyd weg…. Ek is queer. Ek is so bly dat ek met die teks nie hoef weg te kruip nie, en nie hoef weg te steek alles wat saam met hierdie stem kom nie.”
Met Kruiper-Crawler neem Shane nie net die verantwoordelikheid op om sy eie werklikheid van Afrikaans wees poëties vas te vang nie, maar ook om dit tweetalig te doen. 'n Bewustelike keuse wat wys hoe meertaligheid en persoonlike waarheid hand aan hand kan gaan. Waar Shane sy geslote self deur vertaling oopvou, neem Antjie Krog met Binnerym van bloed 'n ander vorm van verantwoordelikheid op: dié om haar eie lewe, sonder skuiling agter ‘n verteller, in haar eie woorde vas te lê.
Antjie Krog se Binnerym van bloed ontvang die UJ-prys vir 2026. Antjie het al menigde pryse op nationaal en internationale vlak verower, so waste waarde hou hierdie een dan in? Binnerym van bloed is iets wat bestaan omdat Anjtie bestaan. Nou dit mag voor die hand liggend klink, maar wanneer teks gelees word is die leser geneig om die skrywer en die verteller van die storie as dieselfde persoon waarteneem. Maar, in literatuur word die skrywer en verteller geskei. Antjie het hierdie wel nie gedoen met Binnerym van bloed nie.
Dit omarm haar hele lewe van kind wees, oor skrywer wees, en om skrywers kind te wees. Wat dit verg om ‘n skrywer wees is wat Antjie vertel in Binnerym van bloed.
Die leser word op reis geneem saam saam met die verteller/skrywer van die roman. Deur middel van humor, ongemak, en brutaliteit vertel Krog haar eie lewe en en waarneeming van skrywerskap. Die dinamiek van gesin staan sentraal in hierdie verteling, met kwessies soos grondbesit as wit Afrikaner in Afrika wat ook aangespreek word en die identiteit wat daarmee gebind word. Binnerym van bloed vang ook die verandering van die Afrikaanse politiek en kultuur was. Die tyd verskyning is die roman is die van pre- tot post-apartheid. Hiermee hou Antjie vir ons die Afrikaanse kompleksiteit van die verlede en hede saam vas vir ons om oor te besin. Binnerym van bloed is hoe 'n groot meerderheid van hedendaagse Afrikaaners en toekomstiges Antjie sal leer ken en verstaan in haar eie woorde.
Elkeen van hierdie toekenings en tekste dra op hul eie manier die verantwoordelikheid om Afrikaans se verhale van die verlede, hede en toekoms te skryf en vas te vang. Van Zyl se vertaling, Shane se tweetalige digkuns, en Krog se onverskrokke tiepe outobiografie wys saam dat meertaligheid nie ‘n bedreiging vir Afrikaans is nie, maar juis een van die kragtigste maniere waarop die taal bly voortleef.
Nog artikels deur Lezli Edgar:
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
INTEKEN OPSIES:
Wil jy stukke soos die direk in jou inboks ontvang – weekliks of daagliks – en terselfdertyd ons werk ondersteun? Kies hieronder jou voorkeur.










