Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Sonder om te probeer voorgee dat ek enige besonderse insig het in die wese van 'n latere generaal, nl. Generaal Constant Viljoen, kon ek nie help om op grond van lees van Herkules se insiggewende artikel, aan Viljoen te kon dink nie. Vergeet maar eers van die rampspoedige Bophuthatswana-insident en dink eerder in wat vertel word die generaal vir FW sou gesê het toe hy in die laaste dae van die ou bedeling gevra is oor die moontlikheid van die gebruik van militêre mag teen die vyhandiggesinde bevolking van Suid-Afrika. Hy het volgens oorlewering gesê dat hy net twee weke nodig het om die oorhad te kry, of so-iets, maar toe 'n teenvraag gestel: "Maar waarheen ( of wat?) daarna?"

Ek dink ook baie aan waarheen IEMAND "ons" in die hedendaagse konteks sal lei, of weliswaar reeds probeer lei? As die "ons" dan is wie mens vemoed dat Bok wou hê gelei moes word, nl. die ontevredenes met die post-'94 bestel, dan weet ons natuurlik nog steeds nie regtig waarheen nie. Sommige word Amerika to gelei (verlei?); sommige wil bly en hoop burgerorganisasies lei ons tot groter internasionale aanvaarding, en dat buitelandse druk ons dan die beloofde gelyke behandeling na die oorgang na 'n demokratiese bestel sal laat kry; terwyl party weer graag gelei wil word na 'n federale bestel met afwenteling van magte tot op die laagste vlakke. Daar is nog baie ander "lei-iterasies" ook, soos diegene wat gelei wil word na die ontwykende utopia genaamd Reënboognasie.

Ek kan voortborduur, maar ek dink my punt is onder andere dít: terwyl baie onder "ons" wel hunker daarna om gelei te word, is dit dalk meer van pas is om te waarsku teen die gevaar om "mislei" te word. "Ons as Nasie" was seer sekerlik vir die laaste 15-20 jaar deur die oneerlike ANC-leierskap mislei, maar dankie tog dat al meer en meer van die "Gesamentlike Ons" dit nou begin besef...

No posts

Ready for more?