Discussion about this post

User's avatar
Hans Pienaar's avatar

Die probleem met die begrip "wokeness" is dat dit 'n portmanteau-woord is wat deur regses in Amerika geskep is om 'n wyd uiteenlopende reeks verskynsels met een slag retories by te kom. Wokeness op sigself is nie 'n ideologie nie; "woke" beteken maar dieselfde as Afrikaners wat mekaar wil wakker maak vir diskriminerende rassewette. Kansellering is deel van 'n heel ander wêreld as die "nigger hoods" van Amerika, dit kom uit die universiteite en sy social justice warriors. In 'n sin is "woke" deur hulle gekoopteer. Dis deel van 'n links-regs siklus wat byvoorbeeld die kansellasies van die MCarthy era, die sensuur van skoolbiblioteke en moorde op aborsiedokters insluit.

Dis ook nie korrek dat daar nie kansellering onder die Afrisol-mense is nie - kyk maar na hoe sekere nie-Christelik-Nasionale akademici uitgewerk is by Akademia. As mense nie by Afrisol-geleenthede gekanselleer word nie, is dit omdat niemand anders as Afrisol-mense daar wil optree nie.

Dis ook nie waar dat Afrisol nie skade aan ander doen nie. As jy die net so wyd gooi as wat die net gegooi is om "wokeness" as wapen teen "linkses" te gebruik, moet jy die kansellerings van werksgeleenthede, hele organisasies en begrotings in Suid-Afrika deur die Donald Trump-administrasie se tariewe- en Project 2025-waansin insluit. Afrisol se aanhang van Trump, gebruik van simbole uit die apartheidsverlede by hulle geleenthede en verspreiding van volksmoordmites, en veral die aggressie daaragter, lei tot hertraumatisering onder die slagoffers van apartheid/Britse kolonialisme - en ek kyk nie deur 'n wokeness-bril daarna nie, ek praat van wat ek waarneem onder ontstelde vriende en kollegas.

Die hele wokeness-debat hier is 'n goeie voorbeeld van die Amerikaanse intellektuele kolonialisme waaronder ons almal gebuk gaan. In vele ander lande is die beskerming van minderhede deel van die "linkse program" - kyk maar na Katalonië en die Koerde. Onder Afrikaanssprekendes is dit egter deur Afrisol met sy Christelik-Nasionale ideologie gekaap, en een gevolg daarvan is die opkoms van die Patriotic Alliance as 'n rasse-teenvoeter teen wit Afrikaners (en swart nasionalisme).

1 more comment...

No posts

Ready for more?