Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Ja, Bouwe, ek dink ook dis selfbedrog en arrogasie vir 'n Staat om hoog op te gee oor sy soewereiniteit as dit net skyn-soewereiniteit is. As jy nie eens meer jou landsburges kan beskerm teen geweld, wetteloosheid, korrupsie en ander euwels nie, dan raak praatjies oor ware soewereiniteit amper 'n klug. Ook wanneer jou landsgrense nie meer werklik grense is nie.

Jy het verlies van finansiële beheer en dissipline ook gemeld. In daardie geval het jy as Staat toegelaat dat jou skildeisers jou werklike baas word, wat jou soewereiniteit erg ondermyn. As jy dan ook nog toelaat dat ander lande se ideologieë jou eie oorheersende ideologie bepaal (bv. sosialistiese ingesteldhede), of jou internasionale betrekkinge beïnvloed of selfs bepaal (bv. die Iran van die onlangse verlede), dan bluf jy jouself dat jy werklik die woorde Soewereine Staat werd is. Hartseer om in ons eie geliefde land 'n groot mate van daardie soort afgewaterde "soewereiniteit" beleef, soos jy mooi beskryf het...

No posts

Ready for more?