Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Bouwe, die inploffing in veral Europa het natuurlik 'n vakuum geskep wat nou blyk gevul te word deur inkomelinge, wettig en onwettig, uit armer wêrelddele. Dis dalk een van die vernaamste internasionale gevolge van die tendens wat jy so goed beskryf het. Natuurlik sal 'n invloei van sulke immigrante kan help om nodige arbeid te verskaf, in afwagting van Optimus se "oorname" in die nabye toekoms, natuurlik. Dit blyk dat arbeid op die laagste sportjie van die bedryfsleer die meeste deur Optimus geraak sal word; en daarom juis baie van die inkomelinge sal affekteer. Aangesien die bevolkingsvakuum egter heelwat kulturele, sosiale en idiologiese gevolge het, wat wel bekend is aan waarnemers, soos moeilike assimilasie of selfs ongewilligheid om te assimileer, verstaan ek dat sekere gelowe/idiologieë daardie vakuum gebruik (misbruik?) om met voorbedagte aanwas die pendelum te laat swaai om byvoorbeeld Islam se verspreiding en die uiteindelike oorheersing daanvan in Europa 'n werklikheid te laat word. Dalk is dit maar net een van daardie wêreldtendense wat moet uitspeel, want ek kry oor 'n afstand nie die gevoel dat Europa se leiers oor die algemeen juis baie ernstige aksies neem om die tendens te probeer keer nie. In terme van hul flou reaksie op byvoorbeeld die Trump-bewegjng se herontdekte waardering vir en propagering van sogenaamde "Westerse Waardes", lyk dit of hulle nie juis probleme met die tendens het nie(?). Dalk moet die tendens maar sy gang gaan en as meer van Europa dan anders lyk as die Europa van tevore, dan is dit ook maar daarnatoe(?). Dalk is sogenaamde Westerse Waardes maar net vir my persoonlik van belang omdat ek ervaar dat daar ook pogings in Suid-Afrika is om die oorblyfsels daarvan in die niet te laat verdwyn, wat natuurlik in 'n totaal ander konteks hier plaasvind...

No posts

Ready for more?