SPESIALE VRYSTELLING | Kom Luister na Hercules op 24 Julie
Die vermaarde FilosofieKafee® is gasheer vir ons vriend en gereelde bydraer, die filosoof en skrywer Hercules Boshoff.
OntLaer help graag om hierdie geleentheid onder u aandag te bring. Hercules is 'n gewaardeerde bydraer en uitnemende jong filosoof. Ons moedig u aan om die gesprek op 24 Julie 2026 in Wellington by te woon.
TEMA: “Van ekonomistifikasie na die ekonomie van kosbaarheid”.
SPREKER: Hercules Boshoff
In 'n tydsgewrig waarin tegnologie en verbruik beloftes van selfoptimalisering aanbied, blyk dit, soos die ekonoom Dawie Roodt beweer, dat ons nie meer politieke wetenskappe en ander sagte wetenskappe vir 'n florerende samelewing benodig nie.
Uit die yl aanbod van geesteswetenskaplike vakke by privaatinstellings in Suid-Afrika blyk dit dat ander invloedryke rolspelers hierdie sentimente deel.
In die gesprek gaan die teendeel beweer word, naamlik dat 'n ekonomistiese ingesteldheid 'n verengde ekonomie skep, wat nie meer bestand word teen ideologie nie, maar juis meer vatbaar daarvoor. Hierteenoor gaan ek aan die hand van die tema van kosbaarheid 'n ruimer begrip vir die ekonomie daarstel wat nie gerig is op die bestuur van voorafbepaalde uitkomstes uit toegepaste opvoeding nie, maar dialogiese instemming tot die kernaspekte van ons menswees in die wêreld aanmoedig.
Dr Hercules Boshoff is gebore in Vereeniging, waar hy ook grootgeword het. Na skool het hy in Londen gaan werk en het daarna teologie en filosofie studeer eers aan UP tot by M-vlak, en daarna 'n PHD aan die UFS, en 'n Postdoktoraal aan die NWU. Met hierdie studies het hy onder van Nederland se mees vooraanstaande filosowe navorsing gedoen met uitruilprogramme. Hy het doseer aan Akademia in Centurion, waar hy die vakhoof van filosofie en besigheidsetiek was, en is tans studieleier en navorser by verskeie instellings, insluitend Stadio en die Universiteit van Stellenbosch. Hy is ook medewerker by die Instituut vir Filosofie en die Samelewing.
Hy was eens 'n ywerige tennisspeler, maar is vandag slegs 'n waarderende kyker. Hy stap graag en soek nog 'n goeie latynse dansklub om by aan te sluit rondom Stellenbosch.
Datum: Vrydagaand 24 Julie 2026
Tyd: vanaf 6nm – 10nm
Plek: ATKV Bôrdienghuis, Breytenbach Sentrum, Wellington.
Bespreek asb by Lamé +27828951139 / oopgesprek@filosofiekafee.co.za.
Toegang: R150pp sluit 'n welkomsdrankie in.
Betaal asb met dié verwysing W24/07 en jou naam by hierdie portaal:
http://pay.yoco.com/filosofiekafee
Nog artikels deur Dr. Hercules Boshoff:
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
INTEKEN OPSIES:
Wil jy stukke soos die direk in jou inboks ontvang – weekliks of daagliks – en terselfdertyd ons werk ondersteun? Kies hieronder jou voorkeur.










