DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Eugene Brink voer aan dat die vergete Afrikaner-middelklas, eerder as net die boere of armes, die werklike ekonomiese en maatskaplike draers van Suid-Afrika is, maar selde erkenning kry.
Blessing Mathabela wys hoe Emma Powell se behandeling 'n groter patroon van dubbele standaarde en vooroordeel teen vroue in die politiek blootlê, en vra of ons werklik die nalatenskap van 1956 se vroue eer.
Daniël Eloff vergelyk Ayaan Hirsi Ali se waarskuwings oor Europa se identiteitskrisis met Suid-Afrika se werklike strukturele verval, en vind troos in hoe Suid-Afrikaners steeds bou en hoop te midde van verval.
Klik en kyk, kort en kwiek.
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou die leser terugvoer kry.
Skitterende opiniestukke in puik Afrikaans oor die dinge wat ons raak...