Discussion about this post

User's avatar
Bouwe van der Eems's avatar

Vir baie, indien nie meeste nie, is politiek ‘n loopbaan, wat vir daardie mense hulle bron van inkomste is. Toegang tot hierdie loopbaan word bepaal die kriteria en prosesse wat politieke partye gebruik om hulle lyste saam te stel. Bekwaamheid is nie noodwendig nodig om hoog op so ‘n lys te beland nie.

PIET DU PLESSIS's avatar

Daniël, 'n ander massiewe uitdaging is natuurlik die komplekse aard van munispale oorsig soos die wette en regulasies en handleidings bepaal, wat uiters hoë eise aan munisipale raadslede stel. Die meeste mense is nie daarvan bewus nie en allermins is by verre die meeste raadslede wat verkies word nie daarvan bewus nie. Die meeste van hulle is gewoon ook onbevoeg om daardie verantwoordelikhede te kan nakom. Dis hoogs gesofistikeerde vereistes, want munisipaliteite is komplekse instellings wat met groot bedrae belastingbetalersgeld moet funksioneer wat na behore oor waggehou moet word.

Dus, al verloop die verkiesings klopdisselboom, wat baie onwaarskynlik is, volg die koalisievormingsprobleme en binnegevegte. Daarna die oorweldigende wetlike vereistes wat raadslede moet sorg nagekom word en waarvoor bitter min raadslede oogewasse is.

Saam met wat jy in jou artikel gedeel het, het dit groot potensiaal om in die perfekte storm te ontaard. Ons stelsel het tot dusver gedurende die laaste 32 jaar nie gewerk nie, wat reflekteer word in swak munisipale funksionering en massiewe skuldlaste en agteruitgang / verval.

Lyk my ons doen bloot allles weer soos in die verlede en verwag beter / ander uitkomste. Wie het gesê......

No posts

Ready for more?