Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Lia, na aanvanklike huiwering, het ek toe wel jou artikel mooi belees. My huiwering was egter NIE oor die volgende nie: "...daar is 'n lesbiese verhouding wat verken word, maar ook geheim gehou moet word. Belangrike en interessante vrae word gestel oor begeerte, oftewel wellus, wie toegelaat word om te begeer, wie hulle mag begeer, en wat ons alles sal opgee daarvoor."

En: "... ek dink 'n bietjie sexy, saffiese skryfwerk almal soms goed kan doen."

Daardie aanhalings het my eerder nuuskierig gemaak! 😊

Nee, ek was huiwerig toe dit my oog vang dat oor eiendoms-"reg" en grond-"besit", onder andere, geskryf is. Mens is mos in Suid-Afrika amper al suf gelees en gedink oor daardie ernstige kwessies.

Jou volgende stelling dink ek behoort met groot ern bejeën word: "Jy moet toegee dat daar 'n probleem is, en jy moet dit aanpak met empatie en 'n bereidwilligheid om te deel." Dis groot waarhede daardie.

Nes jy, weet ek egter ook nie hoe daardie ideale gerealiseer kan word nie. Gronkwessies is so emosioneel van aard, dat rasionele denke selde die botoon voer.

Wat ek wel hoop ek weet, is dat daar nie regtig masiewe weerstand was na 1994 om meer regverdige grondverdeling te laat gebeur nie. Ek praat nou van verstommend min weerdtand onder diegene wat regtens of nie-regtens, moreel-regverdigbaar of moreel-onregverdigbaar, in besit van "hul" grond en "hul" eiendomme na 1994 was. Die grond-restitusie- en herverdelingsbeleide van die nuwe bedeling was geredelik aanvaarbaar as deel van die onderhandelde skikking van '94. Daar was ruim toegelaat vir markverwante kompensasie en daar was toegang tot geregtigheid deur die howe in terme van die landswette. Daar was besonder baie staatsfondse en menslike hulpbronne daarvoor begroot, jaar na jaar ná 1994.

Maar soos met die meeste ander beleide in Suid-Afrika, was BELEID OP SIGSELF nie die vlieg in die salf nie. Ons in Suid-Afrika het nog tot onlangs toe van die beste beleide in die wêreld gehad op omtrent elke terrein, totdat rasgebaseerde obsessies die ANC-regering laat besluit het dat Madiba se idee van gelykberegtiging vir almal nie meer goed genoeg is nie. Ek kan baie voorbeelde noem, maar dis nie nou spesifiek ter sprake nie.

Om tot grond- en eiedomskwessies terug te keer. Beleid was, soos omtrent alle ander gevalle, nog selde of nooit die kern van ons probleme nie. IMPLEMENTERING WAS EN IS NOG STEEDS ONS ABSOLUTE SWAKPUNT. Nes met omtrent alle ander beleide in Suid-Afrika, kon ons BESTAANDE grondhervormings-, grond-herverdelings- en restitusie-beleide oneidig beter uitkomste gelewer het, as ons regering maar net wou/wil besef dat beleide hulself nie kan implimenteer nie. Daar is bekwame en toegewyde menslike- hulpbronne daarvoor nodig, en uiters goeie beheer om te verseker dat korrupsie nie die beleid se goeie bedoelings vernietig nie. Dis ook 'n onderwerp op sy eie om te gesels oor al die BEWESE korrupsie wat grondsake aanbetref. Die gronde wat na gemeenskappe toe moes gaan, maar waaroor bevoorregte kaders persoonlike beheer of eiendomsreg verkry het; massiewe landbougronde en werkende landbou-produksie-eenhede wat oorgedra/terug gegee is en eenvoudig ten gronde gegaan het (toevallige woordspeling!), ten spyte van massiewe hulppakette.

Lia, dis stories daardie wat ook geweldig tragies is, nes die verhaal wat jy so mooi met ons gedeel het en wat ek persoonlik baie waardeer...

1 more comment...

No posts

Ready for more?