Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Bouwe, ek is geen onderwyskenner nie, maar jou oorsig klink vir my baie sinvol. Ek dink ook dat die toekoms in die rigting van “onderwysselfbeskikking" (my omskrywing) moet beweeg, wat klink of dit alreeds in elk geval toenemend gebeur. Ek kan nie sien hoe enige soort regering wat ons vir die voorsienbare toekoms kan verbeel nie, hul vuil vingers uit onderwys sal hou nie. Die digitale era se voordele om van die regeringsjuk onslae te raak, moet deur baanbrekers - met kennis op daardie terreine - uitgebrei word. Nes jy en ander alternatiewe energieoplossings bevorder, wat ‘n werklikheid geword het met kundigheid, innovasie en dryfkrag. Die kuberruimte/siberruimte is in elk geval nou amper meer werklik as fisiese ruimtes! En op talle maniere meer relevant. Vir onderwys dalk nog meer as op sekere ander terreine…

No posts

Ready for more?