Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Stem 100% met jou saam, Louis. My eie drie kinders en twee kleindogters se sieninge van die geskiedenis is werklik bitter min beïnvloed deur hul skoolkurrikulum. Wat hulle in my huis en die van my dogter en skoonseun geleer het, troef die beste pogings deur die onderwysstelsel. Ek persoonlik sal bly agiteer vir groter balans en objektieiteit in leerplanne - en veral kennis van wêreldgeskiedenis se groot gebeure - maar ek en die ouers van my kleinkinders is van opinie dat ons eie geskiedenis hoofsaaklik by ons geleer word. Wat eintlik "lekker" is van kontroversiële interpretasies van, of bevooroordeelde klem op geskiedkundige gebeure in skoolleerplanne, is dat dit ons as ouers/grootouers dan juis die geleentheid gee om ander interpretasies met ons kinders en kleinkinders te deel. Die voorwaarde daarvoor is natuurlik dat ouers ook aktief by hul kinders se skoolopvoeding betrokke is. Natuurlik is alle ouers ongelukkig nie toegerus om goed-ingeligte meninings oor die geskiedenis met hul kinders te deel nie; en daarom is dit goed om kinders in kontak te plaas met instansies soos die FAK en Afriforum, wat ook programme en materiaal het wat met kinders gedeel kan word. Jou eie verwysings na bronmateriaal by die skakels word hoog op prys gestel en sal beslis deur my met my kinders en kleinkinders gedeel word.

No posts

Ready for more?