Vandag met OntLaer (17 Oktober 2025)
'n Kort opgaaf van die week.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Daniël speel die openingskuif vir die verkiesingseisoen op OntLaer, en stel 'n nuwe denkwyse voor oor hoe om te kies vir wie jy moet stem.
Hilde Kruger bespreek die lesse te leer vir handelsmerkeienaars uit die litigasie tussen Shoprite Checkers en Pick n Pay, en omdat ons nie genoeg kan kry van die clan Kruger in Krugermaand nie, is daar 'n dwingende en kritiese gasplasing deur siviele ingenieur Hügo Krüger oor die eintlike waarde van 'n opvoeding en 'n graad.
Die pseudonieme Substacker TDT uit Australië het weer vir ons 'n gasplasing, en hierdie keer praat hul prontuit oor die opkoms en ondergang van die Alt-right, eens die heersers van die politieke internet.
Lekker vol. Lekker lees!
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou die leser terugvoer kry.









