DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Na aanleiding van die EFF se voorgestelde nasionalisering van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, vra Paul Maritz of daar ooit 'n einde aan Sosialisme se slegte idees gaan kom.
Daniël Eloff en Dr Eugene Brink fokus beide vanweek op die Goudstad, met Daniël wat 'n private SABC bepleit, en Eugene wat sy sagte optimisme oor dié sukkelende reus uitspreek.
In sy geskiedenisbrokkie vir vanweek, herinner Prof. Fransjohan Pretorius aan die hand van die Slag van Derdepoort dat die Anglo-Boereoorlog vir seker nie bloot 'n “witmansoorlog” was nie.
Lees jouself warm!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Sedert die groeiende eskalasie tussen Israel en Iran vereis die Amerikaanse President Donald Trump onvoorwaardelike oorgawe van die regime in Iran.
Rwanda en die Demokratiese Republiek van die Kongo het 'n konsep-ooreenkoms bereik om 'n jarelange konflik tussen gewapende groepe tot 'n einde te bring.
Die Chinese skip BYD Shenzhen, die wêreld se grootste elektriese voertuig-vragdraer, het haar eerste vaart na Brasilië onderneem - en onder stormagtige omstandighede aangeland.
In Australië is ouers en onderwysers skepties oor die voorgestelde inperkings op kinders se toegang tot sosiale media.
Die Trump administrasie oorweeg om 36 lande by die bestaande Amerikaanse reisverbod te voeg en het hulle 60 dae gegee om tekortkominge reg te stel.
Inhoud van buite, maar binne ons belangstelling:
“The slave history of "Azania" ” deur Paul Trewhela op Politicsweb.
“How the Left Loses its People” deur Daniel Oppenheimer op Persuasion.
“Trump, Tucker, and the War Tearing Apart MAGA” deur Gabe Kaminsky op The Free Press.
“Demokrasie só in VSA afgetakel” deur Anton van Niekerk op Netwerk24.
“It was the damn phones” deur Kori Jane Spaulding op After Babel.
“Pope Leo’s Crusade Against AI” deur Lauren Smith op European Conservative.
“How Nayib Bukele Refounded a State” deur Samo Burja op Bismarck Brief.
“MPs have opened the door to infanticide” deur Melanie McDonagh op The Spectator.
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou die leser terugvoer kry.