DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Daniël Eloff kom tot die besef dat private kragte die staat buite die verrotting van die amptelike establishment herskep, terwyl Hilde Kruger op 'n soortgelyke trant verduidelik waarom 'n formele graad nie alles in die grafiese ontwerpersbedryf is nie.
Dirk Hartford voer aan dat indien ons 'n nasionale saampratery ernstig opneem, moet die agenda daarop gemik wees om van die ANC ontslae te raak deur die soort verset waarmee die UDF en vakverbonde sukses behaal het.
Ons plaas ook 'n opstel deur James Peron (nie familie van Evita of PD Uys nie - reds.) soos vergun deur ons vriende by die Rational Standard, wat die dinamiese aard van liberalisme in verskeie kontekste beredeneer.
Lekker vol. Lekker lees!
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou die leser terugvoer kry.