DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Wessie du Toit vra of die veiligheidsstaat werklik so almagtig is soos hy lyk, of bloot waaksaamheid opvoer en Barend Wesseloo waarsku dat Mosambiek se terreurbrand al hoe nader aan Suid-Afrika smeul.
Piet du Plessis waarsku oor plaaslike patronaatnetwerke ná November, en Hilde Kruger vra waarom dobbelbemarking soveel vryer as tabak s’n is.
In die week se DinkWeer-Donderdag kyk Eugene Brink verby die braaivleisvuur en Hercules Boshoff onder die universiteit se enjinkap.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
'n OpenAI-agent (“bot”) het onwettend 'n Australiese staatsagentskap gekraak, OpenAI het dit eers weke later agtergekom.
Xi Jinping keer ná 11 jaar terug na die Withuis, waar Trump KI en handel op die tafel sit.
Ethiopië weer op die rand van oorlog nadat die regering en Tigray-magte mekaar van nuwe aanvalle beskuldig.
Kommunisme bring weer gelykheid na Kuba: dié keer sit miljoene saam in die donker nadat die hele land se kragnetwerk ineengestort het.
Venezuela se tussentydse president belowe 'n verkiesing na Maduro begin van die jaar deur die VSA verwyder is.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
Nee, hierdie is lankal nie meer net ’n Afrikaner-kwessie nie deur Jan Bosman op Netwerk24
Why I Changed My Mind About AI Risk deur Francis Fukuyama op Persuasion
You May Have Israel Derangement Syndrome deur Kyle Smith op Wall Street Journal: Free Expression
How China’s Zoomers lost hope deur Tianle Zhang op UnHerd
Germany’s Chancellor Has No Authority Left deur Yascha Mounk
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.








