Vandag met OntLaer (28 November 2025)
'n Kort opgaaf van die week.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Eugene Brink is terug met 'n skeptiese blik op die rol van die intelligentsia oftewel kommentariaat in daaglikse persaflewerings, en Jurie van der Walt bekyk die Amerikaanse vlag wat wapper tussen die sandduine van die Arabiese skiereiland.
Mary-Jane Eyre besin roerend uit Londen oor wortels wat Afrikaans praat, en Angus Douglas wonder of Adrian Enthoven nie ietwat van 'n Pollyanna-ingesteldheid openbaar het nie, in die lig van sy veelbesproke optimisme oor die toestand van die land.
Laastens skryf die psigiater Dr Mike Strambler uit Yale oor hoe onbehulpsaam dit is om studievelde soos die sielkunde in rassige terme af te maak tydens gesprekke oor dekolonisering.
Lekker vol. Lekker lees!
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou die leser terugvoer kry.










