DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Hercules Boshoff skop die week af met 'n terugblik op die Kirk-moord en die betekenis daarvan vir volwasse gesprekvoering aan universiteite, terwyl Hilde Kruger die magtige rol van tekens soos emoji’s - moderne hiërogliewe - in ons moderne wêreld uitbeeld.
Chelsea Follet deel haar insigte oor ekonomiese ongelykheid, en maak 'n saak op sterkte van haar navorsing oor waarom daar inderdaad 'n belangrike afname in ongelykheid wêreldwyd te bespeur is.
Ons plaas ook lesersbriewe deur Jurie van der Walt en Barend Wesseloo, elkeen met uiteenlopende indrukke en gevolgtrekkings oor die politieke en diplomatieke verwikkelinge rondom die oorlog in Gaza.
Lekker vol. Lekker lees!
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou die leser terugvoer kry.