Vandag met OntLaer (30 Januarie 2026)
'n Korterige opgaaf van die week.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Twintig jaar na Bok van Blerk se groot treffer wonder Hercules Boshoff waarheen De la Rey ons werklik sou lei, en Hilde Kruger klink 'n glasie op Suid-Afrikaanse wynboere.
Leser Piet du Plessis beskryf die hostels van Johannesburg in die vroeë negentigerjare, en Angus Douglas vra wat werklik agter die ideologiese poseerwerk van identiteitspolitiek skuil.
Paul gaan voort met sy reeks oor politieke mislukking en fokus vanweek op die val van Rome, en in ons tweeweeklikse Dinkweer Donderdag sien Frederik vooruitgang in ons politiek en sukses in ons skole.
Lekker vol. Lekker lees!
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou die leser terugvoer kry.












