Voldag Vrydag met OntLaer (10 Julie 2026)
Alles wat jou kraanwater, kurrikulum en kulturele gewete hierdie week probeer vergiftig.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Daniël waarsku dat mikroplastiekpaniek dikwels meer 'n welgestelde ingeligdheidsein as 'n nugtere risiko-afweging is en Hilde Kruger wys hoe memes die nuwe advertensieborde van die internet geword
Barend Wesseloo is bekommerd dat “Sionis” al hoe meer as 'n sondebok-etiket gebruik word, en die skuif van ouerlike na staatsvoorskrifte in die onderwys word deur Bouwe van der Eems ontleed.
Piet du Plessis voer aan dat March and March oor oorlewingskeuses eerder as vreemdelinghaat gaan en Frederik se DinkWeer Donderdag-rubriek vra of 'n lesergedrewe publikasie nie juis waarheidsoeke bo gemaklike samebindingsnarratiewe moet stel nie.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Reform UK se Nigel Farage se nuutste “mense teen establishment”-oomblik begin met die establishment wat tuisbly en weier om kandidate in 'n tussenverkiesing te nomineer.
Trump “voltooi die werk” in Iran — maar die vrede vat toe maar weer 'n rookbreuk.
Marine Le Pen skop haar presidensiële veldtog af, maar dié keer met 'n enkelmonitor aan.
Betogers in Houston, Texas, vereis 'n onafhanklike ondersoek na die optrede van ICE-agente na die skietdood van Meksikaanse burger Lorenzo Salgado Araujo.
Die begrafnis van Ayatollah Ali Khamenei, die voormalige leier van Iran, het vandeesweek plaasgevind, met vrede tussen Iran en die VSA verder weg as wat gehoop is.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
Progressive Asceticism Will Never Win Elections deur Harry Cheadle op Persuasion
241 in hegtenis weens bande met konstruksiemafia, sê Macpherson in berig op Netwerk24
The Case for Smaller African States deur Chukwu op sy Substack
A Pluralist Manifesto deur Eboo Patel op Persuasion
We, Socialists deur Jonah Goldberg op The Dispatch
Stories wat ruk, onthuts en heel - in Afrikaans deur Charles Smith op Netwerk24
Farage and the Binface factor deur Fraser Nelson
Dis oestyd vir die trolboere terwyl skote in die Grys Oorlog klap deur Willem Kempen op Binne+Land
Wealth Inequality, Housing Crisis & Economic Solutions met Rory Sutherland op die IEA Podcast
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.














