DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Paul open die week met sy DinkWeer Donderdag-rubriek wat die KI-revolusie vergelyk met die tyd van skilderkuns voor en na die opkoms van fotografie, terwyl Hilde die beweegredes agter handelsmerkvernuwings onder bekende handelsname ondersoek.
Eugene bely hy mis heimlik die noorde, maar verduidelik uit eie ervaring hoe baie aannames oor die noord-suid skeidslyn nie noodwendig waar is nie, terwyl Piet du Plessis hoop uitspreek vir groter selfdoen-energie noudat March and March met AfriForum gaan begin saamwerk.
Wessie du Toit, ons vriend uit Brittanje, vergun ons laastens een van sy artikels wat lig werp op die vorming van Britse stede sedert die tyd van munisipale selfstandigheid tot in die era van oorsentralisering, teen die agtergrond van die opkoms van premier Andy Burnham.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
In die DRK dreig 'n vinnig verspreidende Ebola-uitbraak nou om die dodelikste in die land se geskiedenis te word.
Die voortslepende konflik tussen Rusland en Oekraïne het onlangs verder verskerp met ernstige lugaanvalle op die geskiedkundige sentrum van Odesa asook kritieke ekonomiese teikens.
Die Midde-Oosterse krisis duur voort weens hewige botsings in Jemen asook die voortslepende spanning en verdere militêre aanvalle tussen Israel en Libanon.
Wêreldwye kommer oor die veiligheid van noodwerkers neem drasties toe nadat 'n vlaag aanvalle skerp stygings in sterftes onder humanitêre werkers in konflikgebiede veroorsaak het.
Die nasionale verkiesing in Zambië het pas ten einde geloop waarin die sittende president, Hakainde Hichilema, 'n tweede termyn in die amp verseker het.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
The Jason Arday delusion: Scapegoating is punitive and crass deur Kathleen Stock op UnHerd.
Why liberals should support AfriForum and the Solidarity Movement deur Martin van Staden op The Daily Friend.
Afrikaanse kultuurruimtes is grondwetlik en tog onder druk deur Theuns Eloff op Netwerk24.
JD Vance is right to question the dollar’s supremacy deur John Rapley op UnHerd.
South Africa’s artisan shortage is bureaucratic deur Nicholas Woode-Smith op sy Substack.
Willie Esterhuyse op 90 gehuldig as brugbouer en rolmodel deur Anton van Niekerk op Netwerk24.
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.













