
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Hilde bewonder die Grootman en sy Chery (nee, dis nie 'n Molly en Wors spinoff nie) en Piet du Plessis wys die wrede gevolge van argelose migrasiebestuur uit.
Wessie du Toit besing die genialiteite van die minimalistiese musiekgenre, en 'n leenskrywe deur die Amerikaanse navorser David Volodzko poog om deur die diskursiewe rookmis oor die onlangse Franse oproer te loer.
Laastens deel ons weer Eugene Brink se Dinkweer Donderdag-rubriek, waarin hy die noodsaak uithef van hoe ons openbare debatte omraam, ten einde meer effektief en oplossingsgerig daardie groot en indringende gesprekke te voer.
Amper vol. Lekker lees!

INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Poetin dui aan dat drieledige vredesonderhandelinge (met die VSA en Oekraïene) kan hervat.
Sterk beweringe loop dat die VSA en Israel beplan om aanvalle op Iran te hervat na afloop van die eersdaagse verkiesings in daardie twee lande.
Die Franse president wys heldhaftig die vinger na wêreldleiers wat glo die gewelddadige betogings en oproer van verlede week in Frankryk sou uitbuit vir eie gewin (maar loop op eierdoppe oor oorsake agter die grootskaalse plundering vir eie gewin op tuisbodem).
Verskeie Europese lande se regeringswebtuistes is vanlyn uit vrees vir kuberkrakers, nadat KI-tegnologie op kommerwekkende kwesbaarhede in die rekenaartaal agter die webtuistes gewys het.
Nigerië het 'n Ebola-geval bevestig, en is nou die jongste Afrika-land wat deur dié snelverspreidende 2026 virussiekte-uitbraak getref word.

INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
Is Trump en sy span fascisties? ′n Explainer deur Joan van Zyl op Binne+Land
Will corruption catch up with the Trumps? deur Nicky Woolf op UnHerd
Viva Adonisi, viva! deur Adam Narain op Klyntji
Rejoining would destroy Andy Burnham deur Johnny Ball op UnHerd
Dié oorlogsdagboek bo-aan lys deur Fransjohan Pretorius op Netwerk24
France and the limits of liberalism deur Noah Smith op die Noahpinion substack
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.










