DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Eugene Brink skryf oor hoe Cyril Ramaphosa korrupsie in die privaatsektor as sondebok en weerligafleier gebruik en Angus Douglas vra of die sekulêre Weste, midde massa-immigrasie en politieke omwentelinge, uiteindelik deur Afrika ingesluk gaan word.
Hilde Kruger wys hoe die anti-KI-simbool as visuele protes werk, en die gasskrywer TDT beklemtoon dat liberalisme sonder 'n sterk estetika leeg loop teenoor outoritêre bewegings.
In hierdie week se geskiedenis-brokkie skryf Prof. Fransjohan Pretroius oor wie se voorvaders boere-offisiere was, en Barend Wesseloo waarsku dat Charlie Kirk se moord 'n draaipunt is wat die Weste tot stryd teen radikale Islam en progressivisme dwing.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
YouTube-inhoudskeppers het volgens 'n Oxford Economics-verslag verlede jaar £2,2 miljard tot die VK-ekonomie bygedra en 45 000 poste ondersteun.
Israel en die VSA boikot 'n beraad oor die twee-staat-oplossing en noem dit 'n “sirkus wat terrorisme beloon.”
Malawi se oud-president Peter Mutharika (85) het die verkiesing oortuigend gewen met 56,8% van die stemme en daarmee die sittende president verslaan.
Donald Trump sê aan wêreldleiers hul lande is ‘op pad hel toe’ in strydlustige VN-toespraak.
Die Verenigde Koninkryk het die Palestynse staat erken.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
“Beste Helen: ‘n ope brief aan Godzille” deur Piet Croucamp op Binne+Land
“Dís wat tussen SA en die afgrond staan” deur Johanna van Eeden op Netwerk24
“Milei’s chainsaw economics is faltering — and the Peronists are circling” deur Stephen Gibbs op The Times
“Rage of the Falling Elite” deur Rob Henderson
“Die stil rewolusie: van kampus idealiste tot roekelose radikale” deur Joan Swart op Maroela Media
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.