DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Daniël torring aan die kaal keisers van eietydse kuns se netelige kwas terwyl Paul die prioriteite van politieke partye bevraagteken, en Frederik vir Cyril en die BELA regulasies laat les opsê.
Ons gereelde Dr. Eugene Brink neem dooierus oor of Donald Trump nou werklik Demokrasie bevuil, Jacques Fooy raak opreg skepties oor vrede se kanse teen kernhebbende state, Dr. Marthie Momberg skryf priemend oor die geweld in Palestynse gebiede en Israel se dringende plig om in 'n spieël te kyk.
Ons plaas 'n bydrae deur die Vlaamse filosoof Dr. Maarten Boudry, wat die stand van progressiewe politiek betreur; jy kan jou weer verlustig aan 'n brokkie Boereoorlog deur die vermaarde prof. Fransjohan Pretorius, asook jou naweekbraai beplan met Johan Biermann se Braaibroodjie Indeks.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Iran skort samewerking met die VN se kernagentskap op: internasionale inspekteurs sal nie toegelaat word om die skade wat deur Amerikaanse en Israeliese lugaanvalle aan sy kernfasiliteite aangerig is, te evalueer nie.
Die VSA gaan ophou om artillerie en lugverdedigingstelsels aan Oekraïne te verskaf. Die VSA het tot die gevolgtrekking gekom dat sy ammunisievoorrade te laag geword het.
Trump gaan die eerste beraad van Afrika-leiers van sy tweede termyn aanbied.
Meer as 900 aardbewings het oor twee weke lank 'n afgeleë groep eilande in suidelike Japan geskud.
Hommeltuie word ingespan om rommel en afval op Berg Everest op te ruim.
Inhoud van buite, maar binne ons belangstelling:
“Reflections on the Jordan Peterson Generation” deur Matt Whiteley op Persuasion
“Whitfield, Winnie Mandela en Ramaphosa se bedenklike afdank-redenasie” deur Piet Croucamp op Binne+Land
“Israel has opened Pandora’s box” deur Phillip Cunliffe op UnHerd
“I Helped AOC Win. I Understand the Fantasy Zohran Is Selling” deur Lucy Biggers op The Free Press
“Zohran Mamdani’s Luxury Beliefs” deur Rob Henderson op Substack.
“What Would Hayek Think of AI?” deur Gary Saul Morson & Julio Ottino op Wall Street Journal
“Farage is the pacesetter of British politics” deur James Heale op Spectator
“Highbrow Climate Disinformation” deur Joseph Heath op In Due Course
“How Israel was turned into the fount of all evil” deur Joel Kotkin op Spiked
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou die leser terugvoer kry.