Vrydag met OntLaer (27 Maart 2026)
Volgeprop met vars denke vir jou Vrydag.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
OntLaer se twee Krugers is dié week weer aan die woord: Hügo waarsku oor 'n kernramp in die Midde-Ooste, terwyl Hilde kommer uitspreek dat KI kreatiewe outonomie ondermyn.
Bouwe van der Eems voer aan dat die staat ouers se gesag oor hul kinders se opvoeding te ver indring en Piet du Plessis betoog dat gelykheid 'n hersenskim is.
Natasha Burge waarsku dat die idee van die VSA as bloot 'n stel beginsels die werklike Amerikaanse volk en erfenis afwater, en is Suid-Afrika besig om 'n meer navorsingsvriendelike databeskermingspad oop te maak, vra Donrich Thaldar in hierdie week se hofbulletin, en Paul se DinkWeer Donderdag bydrae word gedeel.
Lekker vol. Lekker lees!
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.













