Vandag met OntLaer (13 Maart 2026)
'n Kort opgaaf van die week.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Dr Eugene Brink slaan sy oë op na die wolkekrabbers van Gauteng, vraend of verlossing moontlik is, en Hilde Kruger wens die CEO van McDonald’s wou homself in sy nuwe hamburger verlustig.
Nou 'n gereelde leserbydraer, raak Tersia du Plessis sinies dog krities oor die wyse waarop Afrikaans in opvoeding toegepas word, en Hercules Boshoff besing sy Vaaldriehoekse komvandaan.
Professor Koos Malan, bekende juris verbonde aan Sakeliga, redeneer waarom die “nuwe wêreldorde” dalk nie so nuut is soos ons glo nie, maar net meer eksplisiet geraak het; ons geniet ook 'n leenbydrae deur die opkomende jong denker in die geopolitiek Zineb Riboua, en Frederik se DinkWeer Donderdag-bydrae word weer gesirkuleer.
Lekker vol. Lekker lees!
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou die leser terugvoer kry.













