Vandag met OntLaer (14 November 2025)
'n Kort opgaaf van die week.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Hercules Boshoff voer aan dat die Wes-Kaap se groeiende lewenskoste en demografiese druk 'n politieke vakuum skep waarin 'n toekomstige “Mamdani-figuur” maklik kan mobiliseer.
Angus Douglas skryf oor hoe die ANC se verwoesting van Eskom die kern van Suid-Afrika se staatsverval blootlê, terwyl Bouwe van der Eems waarsku dat die staat toenemend op dreigemente en outomatisering steun eerder as op behoorlike regsprosesse.
Tristán Kapp skryf 'n reaksie op Paul Maritz se artikel deur te wys op Afrikaners se aanhoudende allergie vir selfondersoek en die rol van anti-intellektualisme in die aanlynkultuurstryd, en Amerikaanse gasskrywer John Grady Atreides voer aan dat die digitale era beide links en regs in spotbeelde verander het.
Lekker vol. Lekker lees!
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou die leser terugvoer kry.








