DIE WEEK IN DRIE SINNE:
In 'n week waar politieke skyn en geestelike erns bots, het ds. André Bartlett 'n waardige maar skerpsinnige slotwoord aan die Afrikanerbond se Jan Bosman gerig, terwyl prof. Fransjohan Pretorius ons herinner aan 'n Boere-Ier wat sy lewe gegee het vir 'n ander volk se vryheid en so oor grense in die geskiedenis gestap het, op 'n manier wat vandag se identiteitspolitiek klein en selfs selfgesentreerd laat lyk.
Is die probleem te min staat, of te veel? Johan Fourie vra of die vraag self nie dalk verkeerd gestel is nie, terwyl Daniël Eloff se verhaal uit die hart van die Kaapse burgemeesterskantoor wys dat idees en ideologie nie op hul eie kan regeer nie.
Intussen leer ons uit Ryan Coetzee se ontleding dat die sogenaamde Regering van Nasionale Eenheid nie veel meer is as 'n parlement binne 'n parlement nie, terwyl Nick Cohen, van veel verder af, waarsku dat Trump se fantasie-diplomasie dalk 'n ware wêreldoorlog inlei.
Dis 'n week waar goeie bedoelings met harde realiteite bots en waar idees met moed ondersoek word.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Die Demokraat Zohran Mamdani het die party se burgemeester-voorverkiesing in New York Stad gewen. Die volle verkiesing vind in November plaas. Mamdani was in Suid-Afrika as kind op skool.
Mark Rutte, die sekretaris-generaal van NAVO, het gewaarsku dat Rusland China kan help om Taiwan binne te val.
Donald Trump hou voorlopig op met lugaanvalle op Iran en gee Teheran twee weke om die konflik met Israel vreedsaam te besleg; maar Iran se minister Abbas Araqchi weier enige gesprek met die VSA solank Israel bly aanval.
Donald Trump se benoeming vir Nobelprys vir vrede is teruggetrek.
NAVO-bondgenote het ingestem tot 'n hoër verdedigingsbestedingsteiken van 5 %.
Inhoud van buite, maar binne ons belangstelling:
“The End of the Long American Century” deur Robert O. Keohane en Joseph S. Nye, Jr. op Foreign Affairs
“Van volkstaat na netwerkstaat” deur JC Brand op Maroela Media
“How Donald Trump Got NATO to Pay Up” deur Joshua Yaffa op The New Yorker
“Kill the boer: An unprecedented judicial collapse” deur Koos Malan en Willem Gravett op Politicsweb
“LLMs: Dishonest, unpredictable and potentially dangerous” deur Gary Marcus op sy Substack Marcus on AI
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou die leser terugvoer kry.