DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Daniël “Piastri” Eloff en Paul “Norris” Maritz spring sommer vroeg vanweek weg met artikels oor onderskeidelik die omstrede oplossings vir die (aansienlik traer) hofrolle en die Zumas se middelvinger vir Floyd.
Ons nou gereelde gasskrywer Dr. Eugene Brink ontleed die nuanses daarvan om plaaslike regeringstreurmares met samesmeltings teë te werk (is dit nie sommer “gerrymandering” nie? - red.), Ds. André Bartlett teoretiseer oor waarom Afrikaans se “verjaardag” so in die volksmond bly vassteek, en Dr. Theuns Eloff bevraagteken gewilde verdagmakings oor Afrikaansmedium onderrig.
Jy kan weer jou naweek inkopies volgens ons maandelikse Braaibroodjie Indeks beplan, en geniet ook lesersbriewe deur Tanya Calitz, wat waarsku teen die vervorming van menseregtewerk tot burokratiese oefeninge, en René van der Vyver, wat 'n roerende brief aan Donald Trump rig.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Friedrich Merz, Kanselier van Duitsland kritiseer Israel se optrede in Gaza.
Elon Musk verlaat die Withuis - en kap dadelik na die voorgestelde begroting.
NAVO-lande sal 5% van hul BBP aan verdediging bestee, sê die VSA se minister van verdediging Pete Hegseth.
Geert Wilders, leier van Nederland se grootste party, het uit die regerende koalisie getree, en 'n nuwe verkiesing is nou baie waarskynlik.
Inhoud van buite, maar binne ons belangstelling:
“How Power Shapes the Law” deur Richard Thompson Ford en Rebecca Roiphe op Persuasion.
“White crosses and straw men” deur Leigh-Ann Hallak op Rational Standard.
“AI ate my homework” deur Johan Fourie op Our Long Walk.
“England now has a blasphemy law” deur David Shipley op Spectator.
“There will be many more dead wild animals if hunting is outlawed” deur Robert Kroger op Daily Maverick.
“The Mass Trauma of Porn: What have we done?” deur Freya India op After Babel (Substack).
“Mexico and the road the US Democrats can never take: the promise and peril of Claudia Sheinbaum’s working-class agenda” deur Quico Toro op Persuasion.
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag van jou terugvoer kry.