Voldag Vrydag met OntLaer (10 April 2026)
Volgeprop met vars denke vir jou Vrydag.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Eugene Brink vermaan die Suid-Afrikaanse jeugkieser teen die valse dog verleidelike anti-demokratiese tydsgeeste, en Hügo Krüger plaas die Amerikaanse oorlogsminister in die beskuldigdebank.
Johan Weideman bring vir ons in sy tweede artikel op OntLaer nog 'n interessante kiesontleding, hierdie keer oor die DA in Durban, en Bouwe van der Eems vra of die gewilde “oorlogskamer” begrip in krisisbeheer werklik so 'n wonderkuurtjie is.
Hilde Kruger se na-Paasfees sjokoladelus is nog nie geblus nie, in dieselfde aar dink John Grady Atreides selfbeheer moet weer 'n ding wees, en Daniël Eloff se Dinkweer Donderdag-rubriek word weer gedeel.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Duitsland vereis nou dat mans onder 45 toestemming van die Bundeswehr kry om langer as drie maande buite die land te bly.
Die VSA en Iran het op 'n skietstilstand van twee weke ooreengekom, mits Iran die Straat van Hormoes heropen.
ESG-beleggers is nou minder oor klimaatsverandering bekommerd en meer oor gesondheid en KI-etiek, volgens 'n onlangse peiling.
Poetin het 'n oorlogskip gestuur om Russiese skaduvloot-vaartuie deur die Engelse Kanaal te begelei, ondanks Keir Starmer se dreigement om sulke skepe te laat konfiskeer, lyk Moskou ongestoord.
JD Vance prys Viktor Orbán as Washington se belangrikste brugbouer in die soeke na 'n einde aan die oorlog in Oekraïne.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
“The Rip van Winkle Effect” deur Lia Snijman
“Social Science Has a Replication Problem” deur Rob Henderson op The Wall Street Journal
“What If Trevor Noah Is Right About the Left and Religion?” deur Liz Bucar op Religion, Reimagined
“Not exiles, but stayers” deur ons eie Daniël Eloff in The Critic
“A German State Quietly implemented a Land Value Tax” deur Greg Miller op Progress and Poverty
“John Steenhuisen and his Circle’s anti-constitutionalist and ANC-light misbehaviour” deur Koos Malan op The Common Sense
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.














