Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Daniël, die vervlakking van denke soos weerspieël word in 'n groot deel van die massa-media, is voorwaar te betreur. Mens verstaan die gejaagdheid van die lewe wat min tyd laat vir dieper denke, wat nog te sê van die neerpen van dieper denke - selfs met behulp van die beste hulpmiddels tot ons beskikking, waarna jy verwys het, soos Kunsmatige Intelligensie. Ook die moeite om dieper inhoud te probeer absorbeer in ons tydvak van 'n ooraanbod van kitsinligting wat as die Ware Jakob aangebied word. Daarom is dit vir diegene wat dit belangrik ag om tyd te maak om dieper te delf, of wat bloot meer tyd daarvoor het, om mondstukke te kry wat as mediums kan dien om meer oorweë opinies wyer te deel. Die besliste hoop daarmee is dat dit met tyd omvattender inslag sal vind en hopelik ook selfs aansteeklik sal word. Ek dink die OntLaer-poging dui daarop dat dit wel montlik is. Dit beteken meer ingeligte en oorweë debatte, hopelik, en ook meer opinies wat gedeel word ten einde ons onderskeie denkbreedtes uit te rek. Daarom is ek persoonlik dankbaar vir jul inisiatief en die geleenhede om daarvan deel te wees. Om dit in Afrikaans te kan doen, is een groot plesier. Ek het al elders die punt gemaak dat Afrikaans weer sonder huiwering weer meer dikwels gebruik kan word vir hoërvlakfunksies, soos verhandelinge en proefskrifte. Dit beteken ook dat daardie hoërvlakdenke wat onderliggend is aan hoërvlak geskrifte, in moedertaal kan geskiet. KI maak dit met een klik beskikbaar in ander tale vir nie-Afrikaanses. Soos ek al gesê het, ek verstout my ook om te sê dat ek vas oortuig is dat dit selfs op tersiëre vlak oorspronklike denke sal verbeter, nes daar al oor en oor bewys is dat ons kinders en kleinkinders voordeel trek uit die gebruik van moedertaal in hul opvoedingsprosesse. Ekself is volledig tweetalig, maar ten spyte daarvan werk my eie kognitiewe fakulteite beter in Die Taal, ten spyte van 'n leeftyd se gedwonge arbeid-adel-in-Engels... 😊

No posts

Ready for more?