Voldag Vrydag met OntLaer (12 Junie 2026)
So vol soos FIFA se bankrekening.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Daniël betug die swaarkryswendelaars, en Hilde Kruger vind groot fout met KI se foutloosheid.
Jurie van der Walt bekyk Benjamin Netanyahu se langtermynplanne, Hügo Krüger bevraagteken New York se nuutste misdaadsyfers en Eugene Brink soek die immigrasie-sondebok.
Erika Bos resenseer Ons vir jou, en Lezli gee haar kennersmening oor The People We Meet on Vacation.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Die Rusland-Oekraïne-oorlog duur nou al vir 1 569 dae, langer as die hele Eerste Wêreldoorlog.
Onrus heers in Belfast, Noord-Ierland, nadat 'n mesaanval die Britse debat oor migrasie, grensbeheer en die Ierse “agterdeur” na die VK weer laat opvlam het.
Kortstondige vrede in die Midde-Ooste het weer verbrokkel na Amerikaanse vergeldingsaanvalle op Iran en nuwe Israelse aanvalle in Suid-Libanon.
Japannese sakevertroue in China kwyn te midde van politieke spanning en spioenasievrese.
Meloni en Tusk waarsku dat Brittanje, Frankryk en Duitsland nie alleen namens Europa oor vrede in Oekraïne-vrede kan onderhandel nie.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
‘It’s Ideology, Stupid’ deur Matt Johnson op Persuasion.
‘Belfast after the ‘beheading’’ deur Aris Roussinos op UnHerd
‘Homeros praat Afrikaans in Cas Vos se jongste bundel’ deur AJ Opperman op Netwerk24.
‘Britain is Broken, and Languishing in an Overton Prison’ deur Peter Smith Rewilding op op sy Substack.
‘Inside the Anti-Tech Rebellion In Schools’ deur Nicholas Smyth op Persuasion.
‘Jared Diamond: A Reply to His Critics’ deur Davis Kedrosky op Great Transformations.
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.















