Voldag Vrydag met OntLaer (15 Mei 2026)
So volgeprop soos Oom Cyril se rusbank.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Paul ondersoek Argentinië se sukkel-eeu, en Johan Fourie ontbloot die sogenaamde krisis van ongelykheid.
Abhas K. Jha bepeins die regte grootte vir munisipaliteite, en Hilde Kruger wonder waarom ons almal skielik dieselfde klink.
Piet du Plessis vra of regses woke geword het, J.P. Keyter oorweeg President Ramaphosa se posisie in die lig van die Phala Phala-saak, en Barend Wesseloo betreur die invloed van aktivisme op Houghton gholfbaan.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Trump en Xi het tydens Trump se eerste staatsbesoek aan China in byna 'n dekade agter geslote deure vergader, maar Taiwan bly die groot toets vir enige werklike ontdooiing tussen Washington en Beijing.
Meer as 1 700 mense is op 'n Britse passasierskip aan die weskus van Frankryk in kwarantyn geplaas ná ’n uitbraak van maagdermsiekte.
Optogte en onrus het uitgebreek in Havana, die hoofstad van Kuba, waar sommige woonbuurte tans slegs vir twee ure per dag elektrisiteit het.
Yoweri Museveni (81) is vir 'n sewende keer tot president van Uganda verkies en vier vanjaar veertig jaar in die amp.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
‘Trump actually started to decouple America from China’ deur Noah Smith op Noahpinion
‘Colleges, Maybe Try Teaching!’ deur William Deresiewicz op Persuasion
‘The Iran Stalemate’ deur Niall Ferguson op The Free Press
‘Daarom stroom mense Kaap toe’ deur Roelof Botha op Netwerk 24
‘We’re not nostalgic for apartheid. We want normality – a response to Max du Preez’ deur Flip Buys op News24
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.















