Voldag Vrydag met OntLaer (20 Maart 2026)
Volgeprop met vars denke vir jou Vrydag.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Daniël voer aan dat die RNE ook in Suid-Afrika se ambassadeursposte weerspieël moet word, Angus Douglas werp Orwell se lig op Suid-Afrika se nasionale ontkenning en Tanya Calitz voer aan dat menseregte die grondslag van ekonomiese beleid moet wees.
Hilde Kruger en Lezli Edgar skryf onderskeidelik oor wie ons digitale lewens beheer, en hoe algoritmes identiteite help vorm.
Jurie van der Walt wys hoe moderne oorlog nou ook in die inligtingsfeer gevoer word en Barend Wesseloo ontleed die lens waarmee die Weste na Iran kyk.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Iran het Katar se Ras Laffan-gasaanleg, die grootste ter wêreld, in twee missielaanvalle getref, Katar sê die skade is groot, en die olieprys het tot bo $110 per vat opgeskiet.
Japan se eerste minister, Sanae Takaichi, het die week vir Trump by die Withuis besoek, die eerste groot wêreldleier wat dit doen sedert Trump bondgenote gevra het om Amerikaanse tenkskepe deur die Hormoes te help begelei.
Senegal vra 'n internasionale ondersoek na beweerde korrupsie by CAF nadat sy AFCON-titel aan Marokko toegeken is.
Skotse wetgewers verwerp wettiging van bystanddood.
Ysland en Nederland voeg hul stem by Suid-Afrika se ICJ-saak teen Israel.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
The problem of midwit misinformation deur Chris Bayliss op The Critic
The scourge of “lame news” deur Ed West op Wrong Side of History
Uninvited deur Johan Fourie op sy substack Our Long Walk
The allure of inconvenience deur Lia Snijman op haar substack Sorrie for my accent.
Can we reduce the manosphere to mental health? deur Sarah Fletcher op The Critic
Tirannieë, vermom as demokrasieë deur Ernst van Zyl
Yascha Mounk with Ibram X Kendi on Great Replacement Theory op die Yascha Mounk Substack.
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.













