
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Bouwe van der Eems waarsku teen tegnologiereuse as alternatief vir staatsbeheer en Wessie du Toit verduidelik waarom die Jackdaw-gasveld oos van Skotland dalk die antwoord op Brittanje se energiekrisis kan wees.
Piet du Plessis waardeer die impak wat KI op sy daaglikse leefwêreld het en Hilde skyn sonlig op besighede se alewige soeke na relevansie.
Hügo Krüger meen dat ActionSA se werk in die Tshwane-Metro nie heeltemal so rooskleurig was soos die party graag voorhou nie, en in sy DinkWeer Donderdag nabetragting kyk Eugene na die stand van koalisiegesprekke na afloop van die pasafgelope munisipale verkiesings.
Lekker vol. Lekker lees!

INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Presidente Donald Trump, Xi Jinping en Vladimir Putin het tydens die historiese drieledige APEC-beraad in China 'n gesamentlike vredesverklaring uitgereik oor kernrisiko's en energievoorrade.
Die kunsmatige intelligensie-reus Anthropic het die grootste aanvanklike openbare aanbod ooit behaal deur $107,3 miljard op die aandelemark in te samel.
Nvidia se uitvoerende hoof, Jensen Huang, het bedank ná onthullings oor 'n verhouding met 'n beweerde Chinese spioen.
Europese leiers en Oekraïense president Wolodimir Zelenski het in Berlyn vergader om vredesgesprekke te bespreek te midde van ‘n voorgestelde EU-lening van €45 miljard vir Oekraïne.
Spanning in die Midde-Ooste het verder toegeneem weens uitgebreide Iranse aanvalle in die Golfstreek en nuwe Israeliese militêre optrede in Gasa.

INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
When Argument Becomes Attack deur Cobus Oosthuizen op Substack.
The Most Confusing Fact About Climate Change deur Quico Toro op Persuasion.
Inside the Deal the ANC Is Contemplating for South Africa deur The Common Sense.
The “Afrikaner problem” deur Ernst van Zyl op Politicsweb.
Mashaba moet nou baie mooi besin deur Gert van der Westhuizen op Netwerk24.
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.











