Voldag Vrydag met OntLaer (29 Mei 2026)
Wie beheer jou kind, jou dorp en jou tydlyn?
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Piet du Plessis skryf oor hoe ANC-kaders aanspreeklikheid dikwels as slagofferskap probeer verkoop en Bouwe van der Eems bejeën BELA as die staat se laaste greep na beheer oor onderwys.
Eugene Brink skryf dat Artikel 235 dalk heilig klink vir selfbeskikkers, maar in die praktyk meer rook as vuur is en JP Keyter wonder of Uitenhage en Despatch hof toe moet gaan om hul plaaslike beheer terug te eis.
Jurie van der Walt sny deur die migrasiepaniek met syfers en bewyse, Paul voer aan dat Suid-Afrika nie skielik ineenstort nie, maar stadig sy beste kanse vermors, en in die week se DinkWeer Donderdag wonder ek hoekom alles met 'n “té” sleg is — selfs om aflyn te wees.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Uganda bevestig 2 nuwe Ebola-gevalle, terwyl infeksies in die DRK 900 haal.
Sam Altman van OpenAI sê KI gaan glo nie ons werk vat nie omdat mense steeds met mense wil werk.
Israel se meer as 100 aanvalle in Oos-Libanon word deur Washington glo gesteun maar DC waarsku teen aanvalle op Beiroet.
China se motorvervaardigers verander motors in “slimfone op wiele” en die Weste sukkel om by te hou.
Trump verhoog die druk op Kuba met sanksies, ’n olieblokkade en aanklagte teen Raúl Castro en Havana waarsku oor moontlike Amerikaanse militêre optrede.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
‘What lies beneath the vilification of “AfriSol”?’ deur James Myburgh op Politicsweb
'Dêmmit Gayton, jy maak mense séér’ deur Lourensa Eckhard op Netwerk24
‘More words of wisdom from Lee Kuan Yew’ deur Ed West op Wrong Side of History
‘Alexander Dugin versus Sydney Sweeney’ deur deur Richard Godwin op UnHerd
‘The problem with optimisation’ deur Ben Sixsmith op The Critic
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.













