
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Daniël bepleit logika en rede in die komende verkiesing terwyl Eugene herinner wat so 'n verkiesing kan vermag, en wat dit nie kan vermag nie.
Hilde verklap waarom grafiese ontwerpers se Kersfees reeds in April begin, en Lezli Edgar verduidelik die besigheid agter haat-lees.
Piet du Plessis is skepties oor nuwe grondhervormingsbeleid, en in sy DinkWeer Donderdag nabetragting wonder Frederik “of alles so moertoe is dat mooi beraamde en afgeronde debatte geen verskil kan maak nie.”
Lekker vol. Lekker lees!

INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
In Frankryk het Marine Le Pen haar presidentsveldtog van stapel gestuur, met die belofte om wet en orde terug te bring.
Luiz Inácio Lula da Silva is op Sondag, 25 Oktober 2026, amptelik herverkies as president van Brasilië, terwyl Flávio Bolsonaro homself ná sy nederlaag as die land se regmatige leier verklaar het.
Minstens 69 mense is Woensdag dood toe 'n hoëspoedtrein naby Toledo in Spanje van agter teen 'n stilstaande trein vasgery het.
Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het vir die 34ste agtereenvolgende jaar gestem om die dekades-oue ekonomiese embargo van die VSA teen Kuba te veroordeel, te midde van ernstige kragtekorte en ekonomiese druk op die eiland.

INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
Thank God for Brave Men deur Louise Perry op die WSJ Free Expression substack
The Banker trying to save liberalism deur Jeffery Tyler Syck op Persuasion
Why Europe is burning deur Niall Ferguson op sy substack
Groenpunt-stadions se groot geheim deur Fransjohan Pretorius op Netwerk24
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.











