Voldag Vrydag met OntLaer (31 Julie 2026)
Oor oorlog, orde en die idees wat ons vorm.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Paul lees in Yeats se chaos die eerste tekens van 'n nuwe orde en Angus Douglas onthou RW Johnson as klassieke liberalisme se onverskrokke Kassandra.
Piet du Plessis peil die donker psige van oorlog en vra wie onder ons werklik vir bloedlus bedraad is en Hilde Kruger wys waarom die mens duurder word namate KI goedkoper raak.
Lezli Edgar vind in 'n boer se bruidsoektog die ongemaklike spieël van Afrikaner-patriargie en Wandile Sihlobo berei ons beursies voor vir die komende El Niño-droogte.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Duisende onwettige immigrante bestorm Spaanse eksklave Ceuta vanaf Morokko.
Rusland slaan toe op Telegram-baas met terreurklag
Anthony Fauci beroep hom meer as 100 keer op swygreg in Covid-ondersoek deur VSA Senaat.
Tate-broers, Andrew en Tristan, bly agter tralies terwyl hulle uitlewering aan Brittanje beveg
Byna 500 burgerlikes sterf in Pakistan-Afganistan-oorlog sedert einde 2025.
Meer as 100 naskokke ná aardbewing in Japan wat reeds 32 eis
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
The Grift at the Gate deur Giancarlo Sopo op Quillette
The American disaster deur Jonathan Sumption op UnHerd
Bokkieweek was my reddingsboei deur Hanri Wondergem op Netwerk24
What will more intelligence actually do for us? deur Noah Smith op Noahpinion
Who’s afraid of political bias? deur Felice Basbøll op The Critic
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.














