DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Koos Malan skryf dat beskawings die wêreldpolitiek vorm maar dat liberale universalisme hul grootste bedreiging geword het en Hilde Kruger kyk na Airlink se gewaagde stadionvlug.
Piet du Plessis druk dat 'n verswakte ANC nie met genade behandel moet word nie en Leandrè Steenberg waarsku dat die aantasting van eiendomsreg groei én vryheid bedreig.
Eugene Brink meet die ANC se nuwe munisipale beloftes aan sy bestaande rekord van verval, wanbestuur en korrupsie en Frederik besin oor hoe krisisse ou sekerhede breek en ruimte skep vir nuwe politieke, kulturele en maatskaplike wendings.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Australië se trefferlyste sê nee dankie vir KI-liedjies.
Hyrox verwag dat 'n allemintige 2 miljoen mense in die 2026/27-seisoen oor ses kontinente gaan hardloop, stoot, trek en sweet.
Trump sê Amerika se nuwe bomtog teen Iran sal “nie te lank” duur nie, 'n gerusstelling wat die oliemark blykbaar glo.
Uber sny 3 300 poste wêreldwyd om die onderneming meer vaartbelyn te maak.
Chevron gaan $7 miljard in Venezuela pomp om produksie te verdubbel, presies die soort oliepolitiek waarop Trump ná Maduro se val gehoop he
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
The Philosophical Roots of Ethical Populism deur Maria Skoutaridou op Eric Kaufmann’s Centre for Heterodox Social Science
Liberalism is a Habit Not a Principle deur Joey T. McFadden op Persuasion
America’s brain-rotting socialism debate deur Michael Lind op UnHerd
Oscar Pistorius: Was die hofsaak regverdig? 11 vrae aan Chris Marnewick oor sy nuwe boek en ‘die waarheid’ deur Chris Marnewick op Binne+Land
It’s a Slopulist World and We’re All Just Living in It deur Konstantin Kisin op sy Substack
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.














