Voldag Vrydag met OntLaer (5 Desember 2025)
Eerste artikels van Desember aan die einde van die 2025 kalender.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Lezli Edgar ontleed wit Afrikaanse feminisme as 'n unieke, praktyk-gedrewe styl wat tussen patriargie en globale anti-mans-retoriek beweeg, terwyl Hilde Kruger wys hoe misleidende suiwel-etikettering verbruikers om die bos lei en plaaslike melkboere ekonomies knak.
Gereelde bydraer Jurie van der Walt ontleed waarom Poetin se oorlog teen Oekraïne nie oor nostalgie vir die Sowjetunie gaan nie, maar oor die bou van ’n nuwe Russiese ryk en vanuit die buiteland voer Michael Bird aan dat postliberalisme tereg teen radikale individualisme in opstand kom, maar self maklik in nuwe denkstrikke vasloop.
Ayanda Zulu stel dat Suid-Afrika se grootste probleem nie bloot swak leierskap is nie, maar ’n dieper strukturele en ideologiese stelsel en nuwe bydraer Tersia du Plessis herinner dat die onderwyskrisis lank voor die matriekuitslae begin — by kinders wat nooit behoorlik leer lees en tel nie.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Jong Iraniërs dryf 'n stille sosiale rewolusie met openlike uitdagings aan streng sedereëls.
Ná WOII het Duitsland sy weermag verklein en pasifisme omarm, maar nou keer herbewapening en groot verdedigingsbesteding terug.
Amerikaanse wetgewers waarsku oor moontlike oorlogsmisdade ná dodelike lugaanvalle, maar Donald Trump verdedig geweld as noodsaaklik teen dwelmsmokkelary.
Benjamin Netanyahu vra presidensiële kwytskelding te midde van sy lopende korrupsieverhoor.
Donald Trump se gesante het hierdie week met die Kremlin gesprek gevoer oor die voorwaardes vir vrede in Oekraïne en Rusland se territoriale eise.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
The Logic of Third-Worldism deur Zined Riboua op haar Substack Beyond the Ideological
Rent control not only fails, it entrenches inequality deur Geordin Hill-Lewis op GroundUp
Teach Students Conservative Thought deur Benjamin Storey and Jon A. Shields op Persuasion
Waarom is kunstenaars so woke? deur Chris Chameleon op Maroela Media
Kry jou eksotiese kaas en hou liewer jou mond deur Dirk Hermann op Maroela Media
G20 glory vs kitchen table reality: Voters don’t care for foreign policy wins deur Tony Leon op News24
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.













