Voldag Vrydag met OntLaer (5 Junie 2026)
Amper so oorvol soos die Kabinet!
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Dr Hercules Boshoff bepleit intelligente besluitneming, en Handré van Heerden skryf 'n prehistoriese Bitcoin-sprokie.
Hilde Kruger skil die wêreld se bekendste piesang, en Piet du Plessis droom oor digitale selfbeskikking.
Bouwe van der Eems betree Suid-Afrika se oorvol klaskamers en Frederik lees die fynskrif van sosiale kontrakteorie in sy DinkWeer Donderdag herbesinning.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
SpaceX beplan om sy aanvanklike openbare aanbod (IPO) teen 'n vaste prys van $135 per aandeel te bemark, met 'n waardasie van $1,77 biljoen.
Die Britse Eerste Minister, Keir Starmer, het vandeesweekweek die ouers van Henry Nowak ontmoet, wat op 3 Desember 2025 in polisieaanhouding oorlede is, nadat sy moordenaar hom valslik van rassisme beskuldig het.
Noord-Korea se Kim Jong Un het 'n grootskaalse uitbreiding van sy staat se kernwapenarsenaal aangekondig.
Donald Trump het weerstand teen die oorlog in Iran onder lede van die Huis van Verteenwoordigers as “onpatrioties” afgemaak.
Hezbollah het die voorgestelde skietstilstand tussen Israel en Libanon verwerp.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
Henry Nowak’s death shames Britain deur Aris Roussinos op UnHerd
Welcome to the Postmodern Presidency deur Damon Linker op Persuasion
How America’s Racial Politics Poisoned Britain deur Konstantin Kisin op TheFreePress
The Commodification Of Christianity deur Freya India op Girls
Animals do well where people do well deur Johan Fourie op OurLongWalk
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.














