Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Frederik, vir seker het die ANC-in-regering bitterlik gefaal om sy deel van die sosiale kontrak te honoreer. Daar hoef nie eens filosofies darna gekyk te word nie, hoewel dit altyd baie bruikbaar is om darem 'n maatstaf van groot denkers te kan hê om uitkomste teen te beoodeel. Die Suid-Afrikaanse staatsmislukking is nie uniek nie, want Afrika en ander kontinente het ook hul kwotas van mislukkings opgelewer. Suksesse ook, gelukkig. Ek weet dus nie wat 'n studie van suksesse teenoor mislukkings internasionaal sal aandui nie. Dis egter vanuit 'n akademiese perspektief van belang, maar 'n mens se eie ervaring van ons eie groot mislukking, maak mens baie skepties en maak dit baie persoonlik.

Ek bly van opinie dat kleiner mislukkings meer aanvaarbaar is as groot mislukkings. Daarom glo ek dat sosiale kontrakte eerder op kleiner skaal en meer op die mikro-vlak as die makro-vlak gesluit moet word. Kleiner kongregasies van mense het waarskynlik meer elemente van homogeniteit in gemeen om meer stabiele sosiale kontrakte tot gevolg te kan hê. Dit maak dit myns insiens meer waarskynlik dat de jure en de facto in 'n groter mate sal ooreenstem. Dit sluit nie groot groeperings uit wat homogene kenmerke het nie, maar dit lyk vir my dat dit nie meer dikwels voorkom nie, onder andere oor die toenemende mobiliteit van die mensdom.

Op 'n ander noot, gerig op die lesers van die opiniestukke/artikels wat op OntLaer gepubliseer word. Kan ons nie asseblief meer kommentare op gepubliseerde artikels kry nie? Dit begin voel of die skryfwerk in monoloeë ontaard, wat veral die skrywers laat sonder ander lesers se insigte waarteen hulle hul eie opinies kan meet. Sal baie waarder word, hoewel mens verstaan dat beskikbare tyd altyd 'n beperking bly...

No posts

Ready for more?