Voldag Vrydag met OntLaer (6 Maart 2026)
Standpunte, spanning en die groter prentjie die week op OntLaer.
DIE WEEK IN VIER SINNE:
Daniël voer aan hoe Kaapstad se grootste “probleem” juis is dat dit beter werk as die res van die land en Martin van Staden skryf dat transformasie die nuwe staatsgodsdiens is, wat poog om die samelewing van bo te herbou.
Piet du Plessis besin oor vreedsame selfbeskikking as 'n legitieme en billike strewe terwyl Angus Douglas betoog dat sogenaamde “anti-rassisme” vandag as dekmantel vir anti-wit rassisme dien.
Bouwe van der Eems skryf die GKSA se besluit oor vroue in amp deel is van 'n breër herstel van tradisionele taakverdeling en Hilde Kruger wys hoe oorlogsplakkate en moderne memes dieselfde stryd voer om harte, steun en openbare mening te wen.
Jurie van der Walt waarsku dat jy Iran nie deur onthoofding omverwerp nie en Barend Wesseloo wys hoe Mandla Mandela se stryd met sy koning 'n groter botsing tussen wêreldpolitiek en plaaslike verantwoordelikheid ontbloot.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Bill Clinton hou tydens die Epstein-ondersoek vol dat hy “niks verkeerd gedoen het nie”.
Iranse amptenare is na bewering “naby” aan 'n besluit oor wie die land se volgende opperleier sal wees. Mojtaba Khamenei, die seun van ayatollah Ali Khamenei wat Saterdag in 'n aanval deur die Israelis en Amerikaners dood is, word as die voorloper beskou. Israel het onderneem om Iran se volgende leier te laat vermoor terwyl hy voortgegaan het om aanvalle op Teheran te loods.
Brittanje sal vandeesmaand ophou om sekere visums aan burgers van vyf lande uit te reik. Studievisums vir mense uit Afghanistan, Kameroen, Mianmar en Soedan word gestaak.
Donald Trump het gesê die “spesiale verhouding” is “duidelik nie meer wat dit was nie”, terwyl hy Sir Keir Starmer weer gekritiseer het omdat hy nie toegelaat het dat die VSA Britse basisse gebruik om Iran aan te val nie.
Vliegtuigbrandstofpryse het tot byna 'n vierjaarhoogtepunt gestyg.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
“The Trump Doctrine seems incoherent” deur Ben Sixsmith op The Critic
“What ‘Western Civilization’ Really Means” deur Francis Fukuyama op Persuasion
“Conquest Everywhere: The Essay That Started This Project” deur Edward Campbell op Unfashionable Truths
“They Killed Normal and Called It Progress” deur Rodrigo Brancatelli op Found Object
“The Erdoğan Calculation” deur Zineb Riboua op Beyond the Ideological
“Death by lawyers” deur ons eie Daniël Eloff op The Critic
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.















